Thursday, June 13, 2019

Leros Eiland. Lakki Marina.

12 en 13 Junie 2019. Woensdag en Donderdag.
 
Ons is eintlik op pad Patmos toe waar ons Dinsdagoggend, 02:30 vir my suster Elize, en vriendin Martie gaan ontmoet. So, nou vat ons dit maar rustig. Ons skuif van ons ankerplek in die baai na Lakki Marina. Die marinero wag op die kaai en help om ons vas te maak.
 
Vroegoggend in Lakki Baai
 
Nou wag die groot taak om die stoorkamer reg te pak en leeg te maak. Martie moet daar slaap. Wasgoed word gewas, ek stofsuig en was die twee gastekamers.

Dis baie warm hier in Leros en ons rus gereeld.

Ons stap na Merikia se oorlogtonnel. Die uitsigte langs die pad is mooi. Blou water en loom-lui bote op anker. By Kouloudi sing en speel en dans die kinders saam met hulle onderwysers. 
 
Leros het 'n baie hartseer Tweede Wêreldoorlog geskiedenis. Merikia het 'n baie unieke tonnel museum, waarop die Grieke baie trots is. Hulle het dit restoureer en in 'n uitstekende museum verander. Hulle wys ook 'n film oor die Slag van Leros.
 
Merikia Baai
Merikia Baai
Kinders van Kouloudi
 
Hierdie militêre tonnel is met die grootste respek reggemaak. Dit was een van die vele tonnels wat sedert 1930 deur die Italianers gebou is. Lakki was as gevolg van ligging én omdat dit so 'n goeie natuurlike hawe was, die vlootbasis van die Italianers in die oostelike deel van die Mediterreense See.

Die Italianers het hier aan die kant van die Geallieerdes geveg, teen Duitsland. Die Italianers het hier talle groot ondergrondse arsenale gebou. Honderde tonnels is gebou en spanne is ingevoer om dit onderhou. 

Tonnel ingang
Tonnel Museum
"Nommer asseblief"
X-straal masjien
Helmets
Ou vliegtuigenjin
 
Die Duitsers het in 1943 besluit hulle wil die Dodecanese Eilande verower. Die Veldslag van Leros het 11 November 1943 begin. Na baie hewige gevegte en bomme tussen die Engelse en Italianers teen die Duitsers, het die Duitsers Leros verower. Die ander Dodecanese Eilande het na die Slag van Leros oorgegee.

Daar is tot vandag toe nog beskadigde geboue in Lakki te sien.
 
Gebombardeerde gebou
 
Ons stap terug en ook dorp toe vir botter. In die winkelvenster sien Archie 'n stoof. O my genade, hy oorweeg dit om 'n stoof te koop. By Maja gekom, word die ou stoof uitgelig, en gemeet. Nou weer terug winkel toe om te sien of die nuwe stoof gaan pas. Maar ongelukkig koop Archie nie die stoof nie. Dit gaan dalk nie pas nie. Miskien 'n volgende keer.

Wednesday, June 12, 2019

Leros Eiland. Lakki.

11 to 13 Junie 2019. Dinsdag tot Donderdag.

Kalymnos tot Lakki

Ons gaan vandag na Emborios. Dis 'n baai aan die westekant van Kalymnos. Die boek sê die houkrag is sleg, maar daar is ook restaurant boeie wat jy kan gryp.

Dis 'n dowwe dag. 'n Deurskynende dag waar die miswolkies laag lê. Hier is pragtige dofgrys berge. Soms reën dit drup-drup. Maar ons vaar vorentoe, altyd vorentoe.
 
Dowwe dag
Miswolkies oor Telendhos Eiland
Grou dag
 
Die hele Emborios Baai is gesaai met boeie. Ons vaar toe maar na die enigste ankerplek, waar eers 'n visplaas was, met dit seegras bodem. Ek gooi anker en dit byt nie. Die kaptein sê dis teen sy beginsels om 'n restaurant boei te gryp. My hart hunker na 'n boei. Ons gaan Xerokambos toe.
 
Emborios Baai
 
Ek is stomgeslaan. Ek wil by Emborios bly. Ek sal daarvan hou om 'n restaurant boei te gryp, al is ek nie lus vir uiteet nie. Ons draai in ons waterspore om en vaar voort. Tot by Xerokambos, waar die anker verseg om te byt. 'n Matroos vloek hard. Nie in die vêrte nie, sommer hier naby, op die boot.
 
 

Ons gaan toe maar na Lakki, 25 myl en gooi anker. Die son skyn, maar die atmosfeer bly dik.
 
Lakki Baai
Lakki
Aandlig
 

Kalymnos Eiland. Pothia.

11 Junie 2019. Maandag.

Pserimos to Kalmnos

Ons laat die miserabele Pserimos agter en soek nuwe weivelde. Ons gaan na Portia, Kalymnos Eiland, 7.4 myl.

Gus waai en ons seil vir 'n uur. Kalymnos lyk nog nes altyd en daar is baie plek vir ons by die dorpskaai. Archie kry 'n plek en tru terwyl ek die anker gooi. Gelukkig is daar 'n man op die kaai wat ons agtertoue kan vang en help vasmaak. En vas is ons.
Kalymnos
Kalymnos Kaai
Vandag voel dit soos somer hier in Griekeland. Die son skyn en bak behoorlik hier in die baai.

Ons gaan stap. Oral is spons te koop. Kalymnos was lank die sentrum van spons visvang in Griekeland. Aan die begin van die 19de eeu het Kalymnos spons na Engeland uitgevoer. Teen die einde van die 19de eeu is spons na oral in die wêreld uitgevoer en die spons vloot het uit honderde bote bestaan. In 1986 die spons 'n siekte gekry wat hulle bros gemaak het en wit vlekke gegee het. Die spons vloot het as't ware verdwyn en vandag is daar net 'n handjie vol bote vat nog spons vis. Baie inwoners het in die 20ste eeu na Australië en Amerika geëmigreer. Vandag is Kalymnos 'n gewilde vakansiebestemming.
Sponse
Daar is ook talle kerke in die hawedorp en bo-op die berg is die groot kerk en klooster. 
Kerk
Kerk bo-op berg
Standbeelde versier die strate en die plein. Portia is 'n lewendige en besige plek. Baie toeriste stroom na Kalymnos en swem op die talle strande regoor die eiland. Dis ook bekend vir uitstekende rotsklim en duik.
Die hawe is baie groot. Hier word seiljagte, vissersbote, toerbote en veerbote gehuisves.
Standbeelde
Deur
Kalymnos hawe
Vissershawe
Wel, ek moet sê, ek geniet die plek terdeë. Baie beter as die twee dae se gehop op Pserimos.

Die aand eet ons feestelik aan die duur vars garnale wat Archie vir ons gekoop het met Nando's peri-peri sous.

Feesmaal

Monday, June 10, 2019

Pserimos

 8 en 9 Junie 2019. Saterdag en Sondag.

Kos Marina tot Pserimos

Ons groet vir Paddy en MJ, roep die marinero oor die radio om ons te kom help en weg is ons na Pserimos, 11.3 myl. Ons vaar eers na die veerboothawe om vir Paddy en MJ te waai. En ons waai behoorlik soos windmeulens. Toe vat ons die pad.

Gus waai van voor en ons span die genoa. Seil vir 1h25min. Die wind word al sterker. Waai later 25 knope van voor af. Gelukkig kom Pserimos nader en ons gooi anker. Ons gaan vir twee dae hier bly.
 
Pserimos Baai
 
Ou Gus waai vir twee dae aanmekaar. Die deinings rol by die baai in en ons rol saam. Ons bly sommer heeldag op Maja. Dis soos 'n lui Sondag by die huis, waar jy nêrens heen gaan nie. Archie lees en ek hekel.

Hier kom baie toerbote hierheen. Dan stop hulle vir 'n uur en almal gaan dorp toe en kom met pakkies terug. Dis die toeriste wat die klein dorpie se lewensaar is. Een bruin boot gooi anker en tru sommer baie na aan ons kaai toe. Dan neem al die toeriste foto's van ons kleine Maja. Nog veerbote kom en gaan.
 
Laai hooi af
Ekskursieboot
 
So gaan twee hoppende dae en nagte verby.

Sunday, June 9, 2019

Paddy en Mary-Jane


Paddy

Paddy

Paddy is 'n baie getroue blogleser en het nou die werklikheid ook ervaar. Toe ons hom vra hoe vergelyk die werklikheid met die blog, het hy gesê die werklikheid is nog beter as die blog!

Paddy is 'n regte "treat" op Maja. Wil van alles weet en vra vreeslik baie vrae. Dan antwoord òf hyself òf die kaptein die vraag. Hy is ook baie behulpsaam, altyd gereed om vir Archie te help.

Hy het elke aand heerlik weggelê aan die kos wat ek gekook het. Van reël 12 het hy niks gehou nie. (As die een groep kos maak, was die ander groep skottelgoed. Alle skoon skottelgoed moet dan op hul korrekte plekke gebêre word. As jy nie weet waar nie, vra). Ek dink nie hy hou baie van skottelgoed was of afdroog of wegpak nie. Raak dan doenig met belangrike papierwerk of iets dergeliks en MJ moet hom streng aanspreek. Dit was groot pret.

Hy was gou tuis op Maja en het dit regtig waardeer dat ons hulle genooi het om saam te kom seil.

Paddy skryf:

How do I start to describe the experiences we have enjoyed since joining you in Datça, when each day's experience has been surpassed the following day? Never mind our green & gold back home, we have been falling in love with the blue and white - blue sea, blue sky, blue churches, blue tables & chairs against a mass background of white. From a distance, those boring looking huge rocks in the sea transform into an amazement of villages, castles, churches, harbours, bays, steeples, towers, ruins, colourful houses and people. One looks in awe at villages, castles and churches perched on the highest points - testimony to yesteryear's occurences.
 
The celebratory beers after each successful mooring followed by meals prepared by Marietjie & Archie of truly gastronomic excellence left me in awe. Archie's early morning pancakes were an absolute treat.
When asked to mention what was the most inspiring place visited, how does one choose between the ruined city of Mikro Chorio or the unbelievable bubbling Stefano volcano? Or the many other sites visited?

Mikro Chorio, Tilos
Mikro Chorio, Tilos
Stefano Krater, Nisyros

Unforgettable memories will be swimming in such beautiful clear waters and cruising in such vast expanses of water. Allowing me to 'skipper' Maja was a great honour!
Thank you Archie & Marietjie for inviting us into your home and for being such genial hosts - what we have experienced will live in our minds forever.
We wish you safe sailing for the rest of your trip.
Baie, baie, dankie !


Mary-Jane

MJ

Mary-Jane was altyd gereed om haar koue drankies na 'n vasmeer te skink. Sy het omtrent getrou die klomp skottelgoed wat ek so vuilgemaak met aandete, gewas. Sonder kla of teëpraat. "Baie dankie!" Sy was net so deeglik met die fenders wat sy so mooi skoongemaak het. Sy het elke aand gesorg dat daar bietjie slaai of iets oorbly wat ek as nagkos kan eet.

MJ was ook altyd gereed om te help en het die bootlewe baie geniet. Haar verkyk aan die eilande, die mense en dinge. 

MJ het ook baie gou op Maja aangepas en al het die ou klomp bootreëls haar kop soms deurmekaar gemaak, was sy 'n ware aanwins op die boot. Ek en sy het telkemale geskaterlag oor iets wat net vir ons twee snaaks was. Dan kyk die vrinne ons maar net so verbaas aan.

Mary- Jane skryf:

Archie & Marietjie

I am in awe of your seemingly effortless management and command of Maja!  Your warm welcome and attention to detail in the daily running as well as entertaining (and feeding) us is commendable.  You are also so  passionately dedicated to your 'B###dy Blog' … well done!

Every island you chose to take us to had it's own unique 'something' . However, my first 'Med' swim in Alimia, the quaintness of Khalki and all Nisyros had to offer, stand out for me the most.
 
Swem in die Med
Stefano Krater, Nisyros
Khalkis
 
Thanks again for our fun, safe and unforgettable adventure!

'MAJA'   Rocks! (work it out ;~)


"Baie dankie Paddy en Mary-Jane dat julle saam met ons kom seil het. Nou laat ek dink... Kan hulle weer kom? Hmmmm, ja natuurlik kan julle weer kom!"

Kos Eiland. Kos en koebaai.

7 en 8 Junie 2019. Vrydag en Saterdag.

Vanaand neem die Fallers ons uit vir ete om hul dankbaarheid te bewys. Ons het 'n heerlike twee weke saamgeseil. Ons is almal uitgevat met ons seilershoede. Archie het sy t-hemp aan wat Yvon en Louise verlede jaar vir hom as geskenk gegee het en ek my handsakkie, ook 'n geskenk van hulle. Ons almal lyk te pragtig.

Ons drie
Ons twee

Seilershoede
Archie en die meisies

Paddy het 'n restaurant ontdek wat bok bedien en ek en Archie se monde water vir daai bok. Ons stap reguit soontoe. Bestel 'n kraffie wyn en die bok. Later kom die bestuurder en sê daar is geen bok meer oor nie. Ai, maar ons is terleurgesteld. En dit nadat die man die bok so aanbeveel het. Ons sê ons gaan maar na 'n ander restaurant toe en hy voel so sleg en sê die wyn is op die huis.

Net 'n entjie verder is daar toe 'n restaurant met lam skenkels op die spyskaart. Bestel weer wyn en ek en Archie bestel die lam skenkels, MJ bestel kleftiko en Paddy vis. Die kos was heerlik. Vir nagereg bestel ek sjokolade mousse, Archie en MJ soet koek en Paddy jogurt met soet tamaties. Dit word 'n aand om nooit te vergeet nie.  Ons lag en skerts en gesels en eet en drink. "Baie dankie julle!"

Koako Restaurant
Lam skenkels

Levrakia

Kleftiko

Die volgende oggend groet ons en hulle neem die taxi na die veerboothawe. Ons vertrek uit die marina en vaar hawe toe om vir Paddy en MJ te waai. "Koebaai julle!"

Koebaai julle