20 Junie 2018. Woensdag.
 |
Ermioni tot Mandraki Baai |
Dit was nou vir my geen lekker nag nie. Ek was naar en skiet 'n katjie.
Nou weet jy mos hoe voel mens die volgende dag. Soos papsak.
Dis
weer hierdie snaakse stuk see. Dan waai Gus, dan lê hy. Dan is hy 'n
briesie, dan ruk hy hom op. Maar ons seil darem so 'n bietjie. Ons gaan
Idhra, myl toe.
Archie
is amper lus om die hawe aan te durf, maar die gevoel gaan gelukkig weg
en ons gaan na Mandraki toe om te anker. Dis hier waar ons verlede jaar
aan die dik ketting vasgehaak het saam met Michelle en Johan.
 |
Idhra |
Hierdie
keer maak ons seker dat ons vêr anker gooi. Alles is reg vir die lang
tou na die land. Archie tru, ek gooi anker.Toe is dit Archie se
tradisionele sierlike boog soos wat hy duik met die tou. Ons maak die
toue vas en siedaar! Hier is ons.
 |
Sierlike boog |
 |
Verstel ankerboei |
Elize en Fanie stap dorp toe. Ek bly by Archie op Maja. Ek is nog pap na my nag van naarheid. Ek slaap die hele middag soos 'n baba.
 |
Gaan dorp toe |
 |
Aksie op Mandraki |
Archie
help twee uiters onervare seilers om te "line ashore". Eers die
Oostenryker wat dit nog nooit gedoen het nie. Hulle alongside vir eers
teen Maja, terwyl die onervare man alles reg kry vir sy vasmeer met al die miljoene toue.
Die
ander jag is die drie vrolike laggende Engelse. Drie mans. So iets nog
nooit gesien nie. Die een ou swem met die hele spul gekoekte tou land
toe en sy vasmaakmetode laat ek en Archie se hare rys.
 |
Unieke vasmaakmetode |
Archie
gee net raad. Toe alles klaar is, kom hulle agter hulle anker het nie
gebyt nie nie. Sies tog. Maak weer toue los, vaar uit en gooi weer
anker. Archie verduidelik vir hulle stap vir stap wat om te doen. Dis
die eerste keer wat hulle dit doen. Hulle lag al die pad. Vreeslik
vrolik.
Die aand voel ek
baie beter en 21:00 stap ek en Archie die 4 km na Idhra. Die stap in die
donker is heerlik. Ons beleef Idhra se naglewe. Ek moet sê, ek hou meer
van Idhra in die dag.
*****
Elize en Fanie het Idhra vreeslik geniet.
Elize vertel: "Idhra hier kom ons!
Ons pak die 4 km na Idhra met ywer aan en kom na 45 min daar aan. Die
pad was maklik met pragtige uitsigte en stewige op en afdraendes.
Prentjiemooi.
 |
Mandraki Baai |
 |
Op pad Idhra toe |
Idhra wag op ons - 'n lieflike gesig met die dorpie en al die bote in
die hawe. Op die kant staan 'n hele paar donkies, wat dien as pakdiere om
pakkies of bagasie of ander items na die inwoners te vervoer. Ons loop
langs die see, langs die mooiste strandjie-swemplekke waar jonk en oud
in die mooiste turquooisblou water baljaar.
 |
Prentjiemooi Idhra |
 |
Besige hawe |
 |
Idhra bakkies |
 |
Idhra |
'n Maroon kerkie bo-op die berg roep ons. Ons klim stelle en stelle
supersteil trappe tot bo, en tot ons verbasing is ons steeds nie heelbo
nie. Die huise en trappe gaan aan en aan. Ons besluit om tussen die
huise weer na onder te loop, maar steeds gaan ons hoër en hoër. Ons kom
later by nog 'n kerkie, maar hy is heeltemal te hoog en soek toe verder
na 'n pad ondertoe. In die proses kom ons op murasies van lank gelede af,
en 'n ou windmeul. En ... toe ons kyk, is ons weer by die wonderskone
strandjies.
 |
Trappe |
 |
Swemplek |
Daarna dwaal ons nog rond tussen die huise en winkeltjies. Na 'n
lekker roomys wat ons op 'n trappie eet, kyk ons vir oulaas terug op die
pragtige dorp en hawe voor ons weer die 4 km terug Maja toe aanpak.
Wat
'n lekker uitstappie!"