Monday, November 27, 2023

Marchie's Place se mooi tuin

Junie tot November 2023

Ons kom terug van ons toer en gaan kyk dadelik na die tuin. En sowaar, in die swak grond, met die hulp van Anthony,  het al die baba  plantjies oorleef. Wel, die meeste. Maar sukkel die arme goedjies se wortels om vashouplek in die klei-os grond te kry.


Ek plant plantjies uit en Archie haal bossies uit. Dan verryk ons weer die grond met sakke en sakke kompos. Dan gaan haal Archie grond by die 96 trappe.  Dan word die plantjies daar geplant en daardie plantjies hier. Dan is te veel son, dan te min son. Maar ek en ou Ark gee nie moed op nie. Elke dag gaan ons tuin toe. Stadig maar seker groei die goed. Boontjies sukkel. My ma se blommetjies sukkel. Maar ons moedig hulle aan, trek bossies uit en gooi nat. 

Ons harde arbeid word beloon met 'n prag-blommetuin. Die chillies groei en dra. Baby marrows en botterneutskorsies. Die grenadella dra en lewer oes van 5 op. Die boontjies gee vir ons 'n paar pluksels. Tamaties en horta (wilde spinasie))Ons vriende is verstom oor wat ons regkry in ons tuin. Ons word oornag bekend as tuinboukundiges. Almal vra raad. 

Archie maak "steppings stones" vir die tuin. Hy rig vir hom 'n eenvoudige sement stepping stone fabriek in. As mense kom kuier, is die mans eers af ondertoe en beskou Archie se sementfabriek. Hier op Skopelos stel almal belang in wat almal doen. Ek kry stiggies en laat dit groei en gee weg. Ek (en Archie) is mal oor die tuin.

Ons hou 'n oesfees ete waar ons varsprodukte uit die tuin gaarmaak en voorsit. Basil pesto, sondroog tamaties, vars tamaties, kruie, peppadews, gevulde skorsies, horta. Heerlik.

Toe al ons tuingroente op is, word ons oorhang lemoene ryp. Dis sap en lemoenkoek en tonne marmalade. Ons wag nou net dat ons eie suurlemoene ryp word. Ek vul bottels vol met peppadews, chilliesous, chillie jellie, lang chillies en selfs groen tamatiekonfyt. 

Ai, maar dis lekker hier op Skopelos.

Archie se jasmyn

Archie se druiwe

Cher se grenadella

Baby marrow

Klein peer tamaties

Stamboontjies

Potplante

Blomme

Kerkblomme

Jong peppadew

Vygies

Ons tuin

Leeubekkies

Potplante

Stoepplante

Hibiscus

Bougainvillia

Bird's Eye chillies

Groente vir oesfees

Botterneutskorsie

Gevulde skorsies

Gevulde peppadews

Tuinblomme

Noedelslaai met tuingroente

Cher, ek en Lindsey

Sim, Bill en Archie

Oesfees

Archie se stepping stones

Archie se stepping stones

Archie se stepping stones


Paadjie

Marmalade en chillie produkte

Chillie oes

Uitsig-lemoene





No comments:

Post a Comment