23 Junie 2015. Dinsdag.
 |
Büçak Deniz tot Üçağiz |
Ons vat al weer vandag 'n langpad, en die keer na
Kekova. Die woord beteken “Drie monde”, want daar is drie ingange tot Kekova.
Üçağiz is 'n klein dorpie in die Ölu Deniz (Dooie See). Hulle noem dit ’n Dooie See omdat dit
so 'n afgeslote baai is.
Hierdie is oopsee, hopsee,
deinsee. Die water kom van Egipte se wêreld aangerol tot hier. Na ’n lang rit
kom ons in die stil waters van Kekova en die nog stiller Ücağiz, 36°12.106 N,
29°37.942 O, 15.5 myl. Maar moenie dink dat Gus nie hier waai nie. Ons meer
taamlik maklik met die hulp van die vasmeerman vas, maar die arme Franse en
Engelse is nie so gelukkig nie. Gus waai hulle hot en haar en dis afstoot,
keer, fenders indruk, toue trek, sweet afvee en effense paniek. Dan is hulle
eers vas.
 |
Twee van Kekova se drie monde |
 |
Üçağiz dorpie |
 |
Marina |
 |
Uiteindelik is die Franse vas |
Ons is moeg en bring die dag
rustig deur met boeklees en die knip van uiltjies. Die aand gaan stap ons
bietjie in die dorp rond.