22 Junie 2019. Saterdag.
 |
Lipso tot Port Augusta |
Vandag
gaan ons na Archie se eiland toe. Dis nou Arki, 9.3 myl. Natuurlik
wind-op. Ons vat almal ons helmsbeurte en daar gaan ons.
 |
Martie agter die helm |
Sommer
gou is ons daar. Nou is die vraag - gaan daar plek wees. Hierdie is
maar 'n klein kaai met min plek. Ons hou maar duim vas. Ons vaar in die
nou ingang. Kyk met afwagting. Maar helaas! Die kaai is stampvol.
Nou
is die keuse wag of tweede beste, 'n boei by die baai langsaan. Die
kaptein wil sommer hê ons moet in die noute 'n tydelike anker gooi, maar
dit voel vir my te onveilig. Ons ploeter maar daar rond en hoop 'n boot
vertrek.
En toe sien
Elize lewe op een boot. İemand beweeg na hul boot se snoet. Dit beteken
net een ding, hulle gaan anker optrek en dan het ons 'n plek. Hiep hiep
hoera! Dit gebeur ook net so. Hulle vertrek en ons het 'n plek by die
kaai. Almal is verheug en ons maak reg on vas te meer. Archie kry sy
posisie en tru, ek gooi die anker. Elize en Martie staan gereed on af te
stoot.
'n Man op die kaai help met die agtertoue en ons is vas en baie gelukkig. Ou Gus waai, maar ons is lekker beskut. Elize
en Martie vat dadelik die pad en verken die dorp.
 |
By die kaai |
 |
Modelbootjies in hulle eie hawe |
Later stap ons vier
na die boonste kerk. Dis warm. Dis baie warm. Die sweet tap ons af. Ek
en Archie loop bult-op.
 |
Bult-op |
Ag,
die kerk is nie wat wonders nie, maar die uitsigte is vreeslik mooi.
Die jagte in die baaie. Die blou water. Die eensame pad na bo in die
barre landskap wat vêrlangs familie van die Karoo is. Ai, ek is lief vir
Arki.
 |
Lief vir Arki |
 |
Port Augusta |
 |
Port Stretto in agtergrond |
Die meisies lyk model-mooi afgeëts teen die kerk muur en venster. Arkie hoort hier op Arki.
 |
Elize |
 |
Martie |
 |
Archie en ek |
 |
Lang pad terug |