8 Augustus 2019. Donderdag.
Ons
skuil en Pierre en Annatjie skuil saam. Ons gaan nie ons kruising doen
nie, want die wind tussen Limnos en Lesvos is nog te kwaai. Voel vir my
ek is hier vasgevang.
Laatmiddag vat ons die pad kasteel toe. Boontoe.
Ons wil die son sien ondegaan met my geliefde berg Athos op die
horison. Pierre en Annatjie beur die opdraende uit en toe verken ons
weer die een deel van die kasteel.
 |
Beur boontoe |
Die
baai lyk pragtig met Annatjie en Pierre wat ekstra fleur daaraan
verleen. Ons bekyk alles. Daar is altyd nóg iets wat mens in die kasteel
kan ontdek.
 |
Kaspaka Baai |
 |
Toring |
 |
Kleurvolle rots |
Die bokke
wei daar rond. Hulle is maar skaam en skugter vir vreemdelinge en kies
die hasepad. Wat die vierpotiges nie besef nie, is dat hulle nie van my
kameralens kan ontsnap nie. Hulle is pragtig.
 |
"Fallow deer" |
Ek en Archie loop deur die ondergrondse tonnel. Gelukkig het ons flitse, wat dit is
stikdonker. Pierre en Annatjie dink die aarde het ons ingesluk en waai
verlig vir ons toe ons anderkant te voorskyn kom.
 |
Tonneluitgang |
 |
Waai verlig |
Ons
kyk nie die amper-ondergrondse bergplekke van ammunisie en na nóg 'n
ondergrondse iets. Die kasteel is jou waarlik baie groot.
 |
Ammunisiestoor |
 |
Skadu's teen die muur |
Toe
is dit sukke tyd. Ons kry 'n plat plek om te sit, onder die wakende oog
van Berg Athos. Om te dink ons het reg om hom gevaar om al die
kloosters te sien! Archie skink die retsina, terwyl Pierre en Annatjie
dorstig toekyk. Toe word die non-wynglase serimonieel geklink in die ryk
laatmiddagson. 'n Warm gloed kwas ons gesigte tot 'n glans van vreugde.
Die son is die skilder en kleur die lug in sodat ons mensekinders in
ekstase kan raak oor die rykdom van moederaarde. Wat 'n spesiale
skemerkelkie.
 |
Skinker |
 |
Ek en Archie |
 |
Annatjie en Pierre |
 |
Ek en Berg Athos |
 |
Sonsondergang |
 |
Sela |