10 Augustus 2015. Maandag.
Nou het hulle dit in hulle koppe
gekry om bromponies te huur. Ek is mos eintlik half sku vir die klein
gevaartetjies. Gelukkig besluit hulle om liewers ’n klein karretjie te huur.
Ons sit die dingetjie vol en daar trek ons. Die strate in. Chris bestuur en
Archie navigeer. Ek en Zané sit net en enjoy the ride.
 |
Marina en die karretjie |
Ons eerste stop is ’n uitkykpunt
by ’n wynmakery. Hier word kratte vol druiwe buite in so sloot gegooi en dan na
binne gedwing deur so ’n skroefding. Die Grieke hou van hulle wyn, dis
verseker. So wynmaak is groot in Griekeland. Ons verkyk ons aan die uitsig en
dis net ooo en aaa. Ons stop by nog ’n uitsigpunt en ons kyk weereens na die
krater en besing die wonder daarvan. Dit is groots en magies.
 |
Zané |
 |
Uitsig oor die krater |
 |
Hou vas daaardie hoed! |
 |
Chris, Zané, ek en Archie |
 |
Steeds verlief |
Die volgende stop is die rooi
strand naby Akrotiri. Oral op die paadjie na die strand is voornemende baaiers
wat skamel geklee en handdoek in die sak strand toe loop om op die besondere
strand te lê. Die rotse en die sand het ’n rooi kleur. Dis indrukwekkend en om
die atmosfeer af te rond, is daar ’n musikant wat daar sit en viool speel. Ag,
dis te lekker. Ons is nie skamel geklee nie en het ook nie handdoeke hier nie,
so ons klim maar weer in ons karretjie en ry verder.
 |
Rooi Strand |
 |
Strand musikant |
Archie wil gaan ondersoek instel
oor die toestand van die Vlikadha Marina, so dis ons volgende stop. Na die
inspeksie ry ons na die swart strand, maar dit beïndruk my nie eintlik nie. Ek
dink nie dis lekker om op sulke swart sand te lê nie. Die rooi strand is baie
mooier. Oms koop brood, kaas, koue vleis, olywe, bier en sap en Archie sny die
brood en ons eet sommerso in die karretjie. Daar is nie plek onder die bome of
in die koelte om te sit nie. Ons eet ons knuppeldik en ry tevrede verder.
 |
Die broodsnyer |
Toe is dit berg-op na die kerk
van die Profeet Elia. Dis op op op en ons is daar. Dis ’n regte Grieks-Ortodokse
kerkie met goue versierings, die mooi houtsneewerk en die Jesus en apostels prente.
Ek is mos eintlik ’n kerkmens en geniet die kerkies baie.
 |
Kerk van die Profeet Elia |
 |
Kerk van die Profeet Elia |
 |
Toe word ons dors |
Ons gaan huis toe, val op die
beddens neer en siësta soos wafferse Grieke. Dis net Archie wat wat ewe
ongrieks wakker bly.
Die aand is dit die sonsondergang
by Oia. Ons kry gelukkig parkeerplek en begin in die besonderse plek rond te
dwaal. Die plek het darem vreeslik atmosfeer. Zané soek ’n yskas magneet en
almal is op die uitkyk na die regte een. Daar is vreeslike vereistes waaraan
die arme magneet moet voldoen voordat Zané belangstelling toon. Met haar lang
slanke vinger word almal afgekeur. Eindelik kry sy een wat aan haar standaarde
voldoen en dit word summier gekoop.
 |
Oia |
Ons kyk saam met die skare hoe
die son sak maar ’n wolk onderskep die son voordat hy in die see kan val. Hy
sak toe voordat hy sak. Die skare is nie seker of applous van pas is nie en ’n halfhartige
handeklap is toe die gevolg. Gewoonlik gee die skare die son ’n applous as hy
verdwyn. Ons sien twee gullets onder vol seil en dit lyk misterieus-mooi.
 |
Die son skare ... |
 |
... en ons |
Die ou karretjie het hom goed
gedra, die bestuurder het mooi bestuur en die navigeeder het goed navigeer. Ons
ry tevrede huis toe en het die mooi van Santorini intens beleef.