1 September 2017. Vrydag.
![]() |
Kalamos tot Varkos Baai |
Ons trek benoud die anker op, want hierdie is gekruisde anker area. Maar die geluk is aan ons kant, ons trek sonder probleme op. Geen ander anker of ketting sit aan ons vas nie. Kalamos lyk pragtig in die oggend en ons vaar na Varkos Baai,13.5 myl. Hier in die Ioniese see is bote vir Afrika. Ons is nie meer gewoond aan soveel seiljag verkeer nie.
Die hoofland se berge lê blou op die agtergrond.
Oral om ons is land. Dis pragtig hier. Elize sal baie van die Ioniese See hou.
Voor ons lê Varkos Baai. Maar bedrieg my oë my? Dis net bote waar jy kyk op
anker. Die boek sê dis ’n gewilde baai vis swem en snorkel. Wel, ek glo hom!
Gelukkig is dit ’n groot baai en ons kry ’n plekkie, gooi anker en vas is ons.
Hoë berge agter Mitaka |
Mitaka dorp |
Mense op die Cat langs ons is toe sowaar o.a. Suid-Afrikaners
van Johannesburg. Hulle swem en skree vir ons: “Dis lekker by die see!” Dis so
lekker om van ons eie mense op ’n vreemde plek te sien. Hulle swem net en
vertrek.
Die jagte kom en gaan hier. Hulle swem en vaar
verder. Later die middag kom daar twee groepe flotilla bote in en oorstroom die
baai. Dis lewe in oorvloed hier by Varkos. Ons swem en kyk vir die ander
seilers. Beter as TV.
Die aand hou albei die flotilla groepe ’n strand partytjie.
Hulle klap hande en sing en lag en braai. Dis seker hulle laaste aand van charter
en dis die afsluiting. Dinghies vaar heen en weer van die strand na die jagte met
figure as silhouette op die maanverligte water.
Laatmiddag by Varkos Baai |
Varkos met sy turkoois water, sal my gewis weer
sien.