14
Mei 2018. Maandag.
![]() |
Ay Andreas tot Poros |
Andreas se baai is doodstil toe ons opstaan. Vandag is
Sullivan se tweede laaste dag op Maja. Hy hou sy sjarmante lyf model en glimlag verleidelik vir die lens.
Sullivan |
Sjarmante Sullivan |
Archie gaan maak die landtoue los, Sullivan trek dit in,
Archie trek die anker op en ek vaar uit die baai.
Ons gaan vandag na Poros, 10 myl, ook op Kefalonië Eiland.
Ag, ons vaar maar net. Sullivan is agter die helm en dis een reguit pad na
Poros. Niks buitengewoon nie, net doodgewoon vorentoe. Altyd vorentoe.
Poros |
Die middel van die hawe is vlak, Maja se dieptemeter skree heeltyd om hulp. So met die die geskree saam, gooi ek in 2m anker. Dis blêrrie vlak. Daar staan klaar 'n man op die kaai om te help vasmaak. Ons is sommer maklik gevestig in ons nuwe huis. Ek hoop net ons strand nie môre as ons hier uitvaar nie.
Sullivan gaan stap en ek en Archie sukkel met internet
en dit neem twee ure om een blog te pos. Toe is dit tyd dat om dorp toe te
gaan. Ons gaan altyd dorp toe.
"Oh! Where did you get that hat …" |
Op pad dorp toe |
Sullivan koop geskenke vir sy vrou en ons kry ook iets. Die dierbare Sullivan gee vir ons die mooiste olyfhout slaaibak as 'n geskenk. Die slaaibak steel my hart, so mooi is dit. "Dankie Sullivan!" Ons geniet die dorp. Poros is eintlik pragtig. Gesellig, vriendelik.
Ons eet die aand penne met heerlike maalvleis en slaai in Sullivan se slaaibak. Die slaai smaak sommer lekkerder in die mooi bak.
Nuwe olyfhout slaaibak. Dankie Sullivan. |