26 Augustus 2015. Woensdag.
 |
Dorousa tot Vathi |
Ek het in Turkye ’n t-hemp gesien
waarop geskryf is: ”Home is where the anchor drops.” Ons gaan nou die anker optrek en ons huis
verskuif na Vathi, 37°35.603 N, 23°20.343 O, 6.9 myl. Op is die anker en weg is
die sigeuners.
Dis nie ’n lang pad nie en ons
seil selfs vir ’n lang ruk. Ons trek die seile in en gaan om die hoek. Vathi is
nou nie meer vêr nie. Archie skree: ”Dolfyn!” Hy stuur vir Maja dadelik in die
rigting.
Maar is dit vir jou ’n gesig om
te sien! Dis jouwaarlik ’n skool van kinderdolfyne wat besig is met ontbyt. Dit
splash en jy sien net dolfynvinne. Hulle spring nie hoog uit die water nie,
maar beweeg en jag in ’n sirkel. Dit is ’n skool van omtrent veertig en dit lyk
na kleiner dolfyne. Hulle is sku en toe ons te naby kom, duik hulle dieper in
die see.
 |
Feeding frenzy |
Oral is seemeeue. Hulle hardloop
as’t ware op die water, vlieg ’n ent en gaan sit weer. Wonder of hulle stukke
vis of dalk klein vissies vang wat uit die water spring om die dolfyne te
ontglip. Ons geniet die skouspel van die see en vaar tevrede verder. Die natuur
bly vir my ’n wonderwerk.
 |
Seemeeue |
Vathi het maar ’n klein ingang.
Daar is gelukkig plek langs die kaai en ons meer vas. Later kom Sailing Holiday
se flotilla van tien bote en waar hulle almal plek langs daai kry, weet ek nie,
maar almal kry ’n gaatjie.
 |
Ingang |
 |
Leierjag van die flotilla |
 |
Maja by die kaai |
Vathi is ’n klein plekkie wat nie
eers ’n mini mark het nie, net ’n paar restaurante. Dis boomryk en landelik. Ek
hou sommer dadelik van die plekkie.
 |
Vathi |