29 Junie 2018. Vrydag.
 |
Rivari Baai tot Adhamas |
So skuil ons vir drie dae en drie nagte
op anker in een van die baaie in Ormos Milos. Oral in al die baaie wat veilige skuiling bied vir suid-weste wind, skuil
Maja en haar susters in verdrukking. Almal hoop op dieselfde ding - die
anker moet hou! Die wind moet gaan lê.
 |
Rivari Baai |
Die berg
agter ons het nog stééds sy hoed op en die Groot Griek (dis nou ons
ander pilot boek) sê die wind sal nie gaan lê voordat die wolk weg is
nie. En dis toe wraggies die waarheid. Eers die die wolke opklaar en die lug weer blou word, gaan lê Gus.
Donderdagnag
begin Gus bedaar en die storm is verby, tot almal se groot vreugde. Dit waai nog, maar nie so sterk
nie. Die Vrydagoggend is daar weer beweging in die seiljaggemeenskap. Almal kruip uit hul
gate uit en sit hul roete voort. Ons roete lei na Adhamas 3.2 myl, die
hoofdorp van Milos Eiland en is ook in Ormos Milos.
 |
Adhamas |
Ons
maak aan die suidekant van die kaai vas. Dis die kant wat meer oop is
vir suid-weste winde. Die noordekant, wat baie meer beskut is, is nog vol
jagte wat hier teen die wind geskuil het. Tydens die storm, was die suidekant baie gevaarlik. Almal wat daar vas was, het die kaai verlaat en gaan anker. Vas is ons en ek hou die wind en see maar met 'n houtoog dop.
Bang die see word weer groot.
 |
Suidekant van die kaai |
Later
vertrek baie jagte en ons trek anker op en meer net aan die anderkant
van die kaai vas. Baie goeie besluit van die kaptein. Nou staan Maja
heerlik stil en ek het rus vir my siel. Later die middag begin die
middagbries te waai en die arme bote waar ons eers gestaan het, dans en
bons behoorlik op daai kaai rond. So dankbaar dat ons geskuif het.
Dis tyd vir wasgoed was en Maja se drade pryk met silwerskoon wapperende wasgoed. Archie lag altyd vir my (en Elize) as ons die wasgoed so deeglik vaspen. Dis altyd gereed om die ergste wind te kan trotseer. Ons wasgoed sal nie in die see beland nie! Ek sê altyd: "Maak altyd reg vir wind en reën!"
 |
Adhamas hawe |
 |
Reg vir groot wind |
Adhamas
is 'n tipiese Cyclades dorp met 'n vreemde bekoring. Wit huise op 'n barre eiland. Ons stap
rond en geniet die dorp. Kerkmens wat ek is, stap ons natuurlik weer al die trappies op na die groot wit kerk. Al die gestap maak ons honger. En daai gyro was heerlik. Dit was die moeite werd on hierheen te kom, te
sterk wind te trotseer en kaai toe te kom. Om weer op land te kom. Om weer bietjie sorgvry te wees.
 |
Eet gyros |
 |
Trappe na die kerk | |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Kerk |
Die aand slaap ons kommerloos, sonder die geloei van Gus in ons ore. Vas en veilig.