12 September 2018. Woensdag.
 |
Küçük Kuyruk to Baba Adası |
Ek wonder of ons weer
gaan hop by Baba Adası, 13.8 myl. Ons was al baie daar en elke keer het
ons die hele liewe tyd op en af en heen en weer gebons.
 |
Vroegoggend Küçük Kuyruk |
Vandag
is 'n wolkdag. Oraloor, om my heen, is daar 'n wolk. Groot dreigend
gryses. Hulle is dié wat jou laat wonder of daar 'n storm gaan losbars.
En die veraf gedonder en bliksem, bevestig jou vermoede. Dis gelukkig
doer vêr op die oop see. Dan
is daar die hoë groot wit toringwolk. Hy borrel opwaarts, boontoe
boontoe tot daar waar my ma in die hemel is. Groot indrukwekkende wit
wolk, gelukkig is dit agter ons.
 |
Wolktoring |
Die
hemelruim verskaf genoeg verskeidenheid. Wittes en gryses. Daar is die dun wolkies wat
soos 'n "koue front op pad" lyk. Hulle hou die belofte van korter dae en
herfs in. Gelukkig is ons dan al weg.
 |
Dun wolkies |
 |
Wolke |
Baba
Adası kom nader en sy ou vuurtoring lyk vaal in die doflig. Die son is
nog steeds vasgevang. Kom net so nou en dan uit die greep van die wolke.
 |
Baba Adası |
En
wat 'n verrassing! Die see is doodstil. Dit hop nie! Ons bons nie! Ons
gooi anker en dit byt lekker. Later kom nog 'n jag hier anker en ons het
bure. Wat 'n heerlike anker! Ons besef dis eintlik 'n baie mooi ankerplek. Ons geniet ons laaste swem van die seisoen.
 |
Laaste swem |
 |
Dit word aand |