Vanaand neem die Fallers ons uit vir ete om hul dankbaarheid te bewys. Ons het 'n heerlike twee weke saamgeseil. Ons is almal uitgevat met ons seilershoede. Archie het sy t-hemp aan wat Yvon en Louise verlede jaar vir hom as geskenk gegee het en ek my handsakkie, ook 'n geskenk van hulle. Ons almal lyk te pragtig.
Ons drie |
Ons twee |
Seilershoede |
Archie en die meisies |
Paddy het 'n restaurant ontdek wat bok bedien en ek en Archie se monde water vir daai bok. Ons stap reguit soontoe. Bestel 'n kraffie wyn en die bok. Later kom die bestuurder en sê daar is geen bok meer oor nie. Ai, maar ons is terleurgesteld. En dit nadat die man die bok so aanbeveel het. Ons sê ons gaan maar na 'n ander restaurant toe en hy voel so sleg en sê die wyn is op die huis.
Net 'n entjie verder is daar toe 'n restaurant met lam skenkels op die spyskaart. Bestel weer wyn en ek en Archie bestel die lam skenkels, MJ bestel kleftiko en Paddy vis. Die kos was heerlik. Vir nagereg bestel ek sjokolade mousse, Archie en MJ soet koek en Paddy jogurt met soet tamaties. Dit word 'n aand om nooit te vergeet nie. Ons lag en skerts en gesels en eet en drink. "Baie dankie julle!"
Koako Restaurant |
Lam skenkels |
Levrakia |
Kleftiko |
Die volgende oggend groet ons en hulle neem die taxi na die veerboothawe. Ons vertrek uit die marina en vaar hawe toe om vir Paddy en MJ te waai. "Koebaai julle!"
Koebaai julle |
No comments:
Post a Comment