22 Junie 2016. Woensdag.
Ons tweede dag by Mandraki. Archie
wil gaan kyk hoe groot is die see aan Lesvos se kant van die eiland. Hier by ons
waai Gus dat dit bars. Ons kyk na drie verskillende weervoorspellings en elkeen
spin ’n ander storie. Volgens Poseidon is die winde nie so sterk aan Lesvos se
kant nie, maar die ander twee voorspel baie sterk winde van die noordekant. Dit
is reg van voor en tussen Gus en die groot see, is so ’n kruising ’n marteling
van 31 myl.
En daar trek ons, as weerburo, op
die seeverkenningstog. Dis ’n vêr ent om te stap en ek besluit om nie die hele
pad te stap nie, maar om vir hom te sit en wag terwyl hy die hoogtes bestyg. Ek
soek ’n plek in die skadu en kry my sit. Ek tuur na die see en oordink die
lewe.
Die boer laat sy bokke uit die kamp
en hulle gaan wei. ’n Paar van hulle kom in my rigting. Hulle steek vas en kyk
my aan en ek kyk hulle aan. So kyk ek die die boerbokke mekaar heeltyd aan.
Seker omdat ek ’n boeremeisie is. Of dalk is dit my skelrooi hoed.
Ou Arch kom terug en doen verslag
oor die toestand van die see. Sê dis nie so groot nie. Natuurlik sal dit nie
groot lyk van die hoë berg af nie. Hy het sy stap baie geniet en mooi uitsigte
gekry.
 |
Landskap |
 |
Uitsig met Chios in agtergrond |
 |
Seestraat tussen Oinoussa en Chios |
 |
Kerk |
 |
Klooster |
 |
Nog 'n kerk |
 |
Moet ons kruis? |
Die vraag bly staan – kruis ons môre
of bly ons. Die Israeli’s van langsaan sê ons moenie môre gaan nie en die Engelse
aan die ander kant stem saam. “What to do, what to do?”