13 Augustus 2017. Sondag.
 |
Ieraka tot Kiparissi |
Ons vertrek na ons volgende bestemming,
Kiparissi, 15 myl. Ieraka was regtig mooi en ons wonder of Kiparissi net so
mooi gaan wees.
Hier in die Peloponnisos werk Gus so - in die oggend
waai hy vanuit die noorde en dan is daar ’n windstil periode so om en by 12:00
totdat die seebries uit die suide begin waai. Saans gaan lê Gus dan so ’n bietjie.
By Kiparissie is daar drie moontlikhede vir
vasmeer of anker. Eerstens by die kapel waar jy teen die kaai vasmaak, dan by
die suidekant waar die noordewinde jou pla en dan by die noordekant waar die
suidewinde jou pla.
 |
Majestueuse berge |
 |
Kiparissi |
Archie besluit om eers die opsie van die kapel te
ondersoek. En dit is net waar die moeilikheid begin. Die ligtoring is nie op
dieselfde plek as wat die boek sê nie. Ons vaar nader en Maja klink skielik
anders. Die enjin sukkel. Dit ruk asof dit iets ingesluk het. Natuurlik gil ek
vreeslik hard en Archie skrik vreeslik groot (vir my gil). Hy sit vir Maja in
tru, maar sy bewe soos ’n riet. Vorentoe klink sy beter. Daar was sweerlik iets
in die propeller.
Ons ry stadig na die noordelike baai toe om te
anker. Ek gooi anker en Archie tru. Toe hy die anker wil toets, wil Maja nie
vinnig agtertoe vaar nie. Die anker lyk in elk geval styf, want die wind het ons
agtertoe gedryf.
Die kaptein sit sy snorkel aan en gaan stel
ondersoek in. Aan Maja se propeller sit ’n hounet om visse in te bêre vas. Ai
jai jai. “Never a dull moment”. Gelukkig was dit nie ’n enjin probleem nie en
die propeller is nog klopdisselboom.
 |
Die sondebok |
Dis pragtig hier by Kiparissi. Hoë berge troon bo die baai uit. Wit huise
en groen bome voltooi die prentjie. Ons kyk en verwonder ons aan die mooi
natuurskoon. Hierdie Peloponnisos is jou waarlik pragtig.