4 Julie 2024
Ons is baie opgewonde. Ons gaan die heeldag op 'n boottoer. Kleurvoller as ons, kan jy nie kry nie. Ons gaan vroeg en kry lekker sitplekke in die koelte.
Dis vir my lekker om weer op die water te wees. Die see vloei onder die boot deur. Skopelos lyk prentjiemooi vanaf die water.
Daar heers 'n vrolike atmosfeer op die boot. Almal babbel opgewonde. Ek dink natuurlik ons lyk die kleurvolste op die boot. Sommige sit lekker en brand.
Ons eerste stop is die hawedorp Patitiri en die chora. Ons ry met 'n bus boontoe. Dis 'n mooi oudorp en ons loop bont-bont daar rond. Die een en ander items word deur die twee aangekoop. Toe gaan ons terug boot toe en vaar verder.
Ons stop by 'n mooi strand en swem lekker. Wat 'n lekker dag. Ons kom doodmoeg by Marchie's Place aan en geniet die rustigheid van die stoep terdeë.
Dressed to impress |
Bontebok |
Skopelos |
Skopelos se punt |
Voortvarendes |
Lus vir bootry |
Sonsitters |
Model Martie |
Chora |
Chora |
Bo in chora |
Blou en wit |
Loop in chora |
Ou kerk |
Uitsig |
Skep asem |
Denker |
Dramatiese potplante |
Maak indruk |
Vervoer |
Terugtog |
No comments:
Post a Comment