5 Junie 2019. Woensdag.
 |
Paloi tot Kamares Baai |
Na ons drie nagte in Nisyros, vertrek ons na Kamares, op Kos Eiland, 12.6 myl. Anker op, ons groet een van gunsteling eilande en weg is ons. Die twee Fallers is op hulle pos en trek die fenders op. Mandraki staan nog steeds met sy voete in die water. Pragtig!
 |
MJ aan die werk |
 |
Paddy |
 |
Mandraki |
Paddy
is 'n ruk agter die helm en vaar vorentoe, altyd vorentoe. Die see is
blou, wit watte wolke sluimer bo-op elke eiland. Maja prrr ritmies en
daar is 'n rustigheid op Maja. 'n Eenheid tussen mens, water, wind.
Ons
gooi anker in die baai en dis ons laaste anker saam met Paddy en
Mary-Jane. Die plek lyk maar soos 'n gewone, niks besonderse
vakansiedorp. Soos gewoonlik is MJ op haar pos met die drankies. Ons bring die middag rustig op Maja deur. Almal besig om sy lewe te leef. Party lees, ander skryf, sommige brei en ander hou die krieket dop.
 |
Skryf dagboek |
 |
Lees boek |
Later
roei die vrinne ons land toe. Van die land se kant af, sien ons
hoe mooi die baai is. Regs lê Nisyros. Daar vêr is Knidos en Symi.
 |
Sit voet aan wal |
 |
Kamares strand |
Die
vissershawe is pragtig. Ai, dis mooi hier. Ons stap in die dorpie rond
en koop roomys. Almal hap en suig en lek aan die heerlike Magnums.
 |
Eet roomys |
 |
Kamares |
 |
Visserbote |
 |
Ekke |
In
die baai staan Maja en nog 'n paar jagte op anker. Toe is dit tyd om
terug te gaan en Gus help die vrinne vriendelik van agter en die lang
pad word sommer korter.
Die son se gloed is van goud gemaak en die laatmiddag kroon die dag. Die Fallers flankeer met die kamera soos smeulende modelle.
 |
Flankeer met mekaar |
 |
Skemerkelkies |
Die
laaste anker-aandete is varknek en uie slaai, met avo en soet rooi
pepers. Ons eet heerlik en so kom 'n spesiale dag ook tot 'n einde.