4
Julie 2016. Maandag.
 |
Çeşme tot Sarpdere |
Is
dit ’n blou Maandag?
Gus
gaan vandag waai en waai. En ons waai ook na Sarpdere, 38°11.042 N, 26°31.035
O, 22.5 myl. Die marinaman kom help ons uit ons plek, stamp-stoot Maja in die
regte rigting met sy dinghie, want die draaiplek is min en die wind sterk. Ryna
hou die sake stip en effe benoud voor op die boot dop. Deon kyk ook maar …
benoud? Daarna is dit weer werk werk werk en hulle tel al die fenders op en maak
dit vas. En hulle dink hulle hou vakansie!
 |
Marina man |
 |
Ryna op die uitkyk |
 |
Deon tel fenders op |
Toe
is ons uit Cesme Marina en verlaat die veiligheid van die marina op pad na die baie
mooi baai met kristalhelder water.
 |
Kaptein trek aan |
 |
Veilig toegerus |
Natuurlik
seil ons. Ons seil deesdae amper elke dag. Gumnuts se mense sal baie trots op
ons wees. Deon is nou al gekonfyt met die seilspannery en al wat Ryna van
konfyt weet, is om dit te eet. Ons verander van koers, verstel die seile en
seil verder. Die blerrie Gus wil nie ophou waai nie, maar gelukkig nie van voor
af nie. So, ons seil lustig voort vir 3h15min.
Die
baai kom nader en ons vaar in. Ons gooi anker en maak seker dat hy byt. Ons wil
nie in die nag deur die blasende Gus losgeruk word nie. Hy byt goed en ons is
tevrede.
Deon
en Ryna is mos duikers van formaat en hulle ondersoek die bodem van die see. Jy
sien net paddapote. O gaats, dis mos eintlik nie paddapote nie, hulle noem dit
vinne. Deon neem ook onderwater foto’s van die seelewe sodat gewone mense soos
ons ook kan sien wat onder die water aangaan.
 |
Waar is Maja se anker … |
 |
… hier is dit! |
Gus
begin erger te waai. Hy waai my hier en hy waai my daar en hy waai my hare
sommer deurmekaar. Stadig oor die klippertjies, wil hy nie. Soos wat die nag
vorder, vorder Gus ook. Hy waai al hoe sterker. Ons kry rukwinde in die baai
tot 29 knope. Ek hoop en bid net dat die anker hou.
Daar
is vier seiljagte, een groot boot en twee kleinerige motorboot geanker in die
baai. Almal hou die sake maar dop.
Ons
anker hou! Ek slaap natuurlik niks nie. Tot die kaptein is die helfte van die
nag wakker. Ons beplan môre se roete, reisplanne word aangepas, want ons moet
wegkom van hierdie wind af. Later gaan hy ook slaap. En Deon? Hy slaap soos ’n flippen
baba!
Die
nag was donker, die ure lank, die minute ure, die sekondes tik-tik een-een
langsaam verby. Toe kom die dag en ons anker het genadiglik gehou.
En
Gus? Hy hou nie opwaai nie.