24 Augustus 2019. Saterdag.
Vandag is dit İzmir. Dit is drie busritte, toe kan ons met ons staptog deur die dorp begin. Soos dit toeriste betaam.
Ons
stap langs die see op die promenade. Daar is 'n weg vir fietse én
stappers. Dis pragtig groen met struike en blomme. Heerlik om hier te
stap. Oral vang manne vis in die amper vuil seewater.
 |
Kunswerk? |
Daarna
is dit 'n kerk wat jy amper nie kan sien nie. Dis agter blikmure, agter
slot en grendel. Mens sal nou sweer ons wil die kerk steel. Elke keer
moet jy jou malle verstand afstap om die volgende besienswaardigheid te
sien.
Die kultuur park
stel ook teleur. Deurmekaarspul, fontein werk nie. Te veel beton. Dis 'n
groot park en ons loop lank om daar uit te kom. Toe moet ons vir 'n
moskee kyk wat in 1950 gebou is. Beswaarlik 'n besienswaardigheid.
 |
Paddaprins |
 |
Kultuurpark |
Ons
is honger en bestel 'n kuzu (lam) döner. Is hier regtig 'n bietjie lam
tussen die twee velle pita brood? Mens sal nie kan sê nie. Hulle steek
dit goed weg. So nou en dan proe jy 'n vlentertjie vleis met te veel
speserye. Glad nie lekker nie!.
Toe stap ons na die Paseporte pier toe, wat ek geniet. En ook die Konak pier, wat genotvol was.
 |
Paseporte pier |
Die
mark stel ook teleur. Baie mense en stalletjies en winkels wat
(Chinese) klere en goed verkoop. Ek dink ek was toe al gatvol, daarom
het ek met negatiewe oë die plek betrag. Ag nee wat, hier wil ek nie
wees nie.
Eintlik
wou ek net die kerk van die gemeente van Smirna, (volgens die boek,
Openbaring) gesien het, wat 'n uit Izmir is. Wat ek toe nie gesien het nie.