Dis lui-lekker somersdae in Kroasië. Daar gebeur niks vreesliks opwindend nie. Ons vaar van die een plek tot die ander en geniet die son en die maan en die wind in die verre land wat aan ons gegee is.
Dis snikheet. Die see bestaan uit 'n versameling van duisende koel waterdruppels waarin ons ons lywe afkoel tot 'n aanvaarbare temperatuur wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van die menslike natuur.
Dis snikheet. Die see bestaan uit 'n versameling van duisende koel waterdruppels waarin ons ons lywe afkoel tot 'n aanvaarbare temperatuur wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van die menslike natuur.
Lekker swem |
Die water is vlak oppad na Trogir (43º 31.027 N 16º 15.241 O) en Arch hou vir Maja sekuur tussen die bakens in die kanaal. Dis 15 myl tot daar. Elize vra gereeld vir Archie (gemaak kalm) hoe diep dit is. Dan antwoord ou Arch so ewe kalm: "3m". Dan is Elize so bietjie benoud.
Ons anker in vlak water (1.2 m onder die kiel) en die raasbek wat raas as ons te vlak is, raas heeltyd.
Archie skakel die instrumente af om raasbek se stem stil te kry.
Archie skakel die instrumente af om raasbek se stem stil te kry.
Trogir van ankerplek |
Ankerplek op Trogir |
Die mans gaan stel ondersoek in oor die diepte en of Maja nie gaan strand nie, maar alles is onder beheer.
Ons wag vir die son om sagter te skyn en gaan dorp toe. Fanie en Archie word moeg vir die dorp en gaan terug na Maja met Dinkie. Toe ek en Elize terug boot toe wil gaan, staan ons langs die kaai en roep op ons hardste Archie se naam om ons te kom oplaai. Al die omstanders kyk oorbluf na ons en ek sê "Pardon". Fanie kom haal ons met Dinkie.
Fanie besig om te leer roei |
Ons woon die aand 'n kompetisie-konsert by waarin baie talentvolle kinders optree.
Ek kan maar net nie wegkom van kinders nie.
Trogir kry eers lewe in die aand en ons geniet die atmosfeer langs die kaai.
Trogir se Riva |
Trogir se fort in die aand |
Môre is dit Split toe.
Published with Blogger-droid v2.0.10