12 Mei 2019. Sondag.
 |
Serçe tot Mesundiye via Symi |
Vandag
is Moedersdag. Ek het mos nie meer 'n ma nie, maar gelukkige Moedersdag
aan alle moeders, aspirant-moeders en non-moeders. Hoop julle geniet die dag!
Sullivan help om die anker op te trek en weg is ons. Die nuwe dag bring 'n nuwe tuiste en ons vertrek na Mesudiye, 29.7 myl. Dis heerlik sonnig, maar dit bly maar koel. Die genoa word gespan en ons motorseil vir 'n ruk. Die makkers geniet mekaar se geselskap.
 |
Makkers |
 |
Motorseil |
 |
Verstekeling aan boord |
Ons
vaar vorentoe, altyd vorentoe. Maar vandag gaan ons met 'n ompad. Ons
hou ons lywe roofkykers en gaan wys vir Sullivan hoe lyk Symi. Wat mos
eintlik in Griekeland in.
En
ons roofkyk omtrent lekker! Symi is nog net so pragtig soos altyd.
Sommer 'n lus vir die oog. Die haweman blaas sy fluitjie en wys 'n plek
vir ons aan, maar ons beduie terug dat ons nie gaan oorbly nie, ons kyk
net.
 |
Symi veerbootkaai |
 |
Symi |
 |
Symi |
 |
Kloktoring |
Archie draai om en
vaar uit die hawe van een van ons gunsteling dorpies. Toe vaar ons
verder na Mesundiye deur die baie vlak Nemo Kanaal. Soms lyk dit of jy enige tyd die onderwater rotse gaan tref. Die water is kristalhelder. Ons kom darem ongeskonde deur en eindelik kom ons by Mesundiye aan. Ons gooi maklik anker en is die enigste seiljag
in die klein baai.
 |
Deur die Nemo Kanaal |
Na
ons Moedersdag middagete (wat die moeder self gemaak het), gaan ons land
toe met Dinkie. Dis maar 'n klein vakansie plekkie waar Turke kom
vakansie hou. Dis nog buite seisoen en heerlik stil hier en nie eintlik
baie te sien nie.
 |
Moedersdagete |
Ons eet
heerlike roomys op die muur en stap verder. Maja lê alleen onder in die
baai. Die groot ou rotsberg hou wag. Dis eintlik pragtig
hier.
 |
Mesundiye Baai |
 |
Eet roomys |
 |
Mesundiye Baai |
Ons geniet ons dag op anker hier in Mesundiye.