27 Augustus 2017. Sondag.
 |
Itea tot Trizonia |
Ons kry vroeg ons kapteinskoffie, want Michelle en
Johan moet 07:00 die bus klim na Delphi. Ja, hulle kuier is nou verby. Nadat
ons hulle met oats gevoer het, is dit opsaal en aanstap. Ons stap saam met
hulle na die busstasie.
 |
Sak en pak |
Ons wag ’n ruk en die bus kom om die draai. Dis
vir oulaas groet en druk en na ’n hewige gewaai (my familie waai mos vreeslik),
vertrek die bus. Toe sit ek met leë-nes-sindroom. Die kamer ruik na haar, maar
sy is weg. Ek voel sommer alleen leen leen.
 |
Koebaai |
Maar die lewe gaan aan en ek en ou Archie moet
maar weer vertrek na Trizonia, 22.8 myl. Gus is so mak soos ’n lammetjie en vir
die eerste ruk vaar ons maar. Vorentoe, altyd vorentoe. Ons seil net vir 37
minute en motorseil ook vir ’n ruk.
Trizonia lyk maar vol, maar ons kry ’n plekkie em
maak alongside vas. Dis snaaks en stil sonder die kinders. Ons stap ’n ent en
kyk na die baai. Die twee maste van die seiljag wat in die onklaar marina gesink
het, steek soos twee vingerwysings uit die water. Ek kry elke keer ’n rilling
teen my ruggraat af as ek daarna kyk.
 |
Wrak |
Ons stap na die piepklein dorpie en koop
roomys (Michelle en Johan het altyd skelm roomys gekoop). Dis heerlik en rustig
hier in Trizonia.
 |
Trizonia |
 |
Kleurespel |
 |
Dorpie |