17 Julie 2016. Sondag.
![]() |
Lipsi tot Lera Lipsi |
Ons gaan vandag net om die hoek, na Lera Lipsi, 37°16.902 N, 26°46.363 O, 3.5 myl. Voor ons weet, is ons daar, kry ’n goeie ankerplek en maak seker die anker byt goed. Hier is mos altyd winde.
Taverna Dilaila by Lera Lipsi |
Ankerplek |
Ons wonder of ons vriende, Deon en Ryna, van Aliwal-Noord se wêreld, veilig in Suid-Afrika is. Hulle het hier aangekom net na die bomontploffing op die lughawe in Istanbul, met Air Egypt, wat ’n vliegtuig in die Middellandse See verloor het en gaan hier weg tydens die staatsgreep in Turkye.
Toe kry ons die
volgende e-pos van Deon.
Haai
Archie & Marietjie
Ons
het julle byna 3 weke gelede ingelig hoe gelukkig ons was toe die ISIS
selfmoord ou ‘n paar ure na ons deur Ataturk lughawe is, 44 toeriste en
personeel gedood het.
Saterdag
oggend vroeg, donkernag hoor ek ‘n geweldige ontploffing, maar toe die
oggendgebede kort daarna begin, dag ek dis weer maar net ‘n groot “thunderflash”
wat ons tydens Ramadan gehoor het.
Ryna
slaap deur, maar word wakker van “jets” wat vlieg wat ek aan haar beduie dis
net nag vegvliegtuig oefeninge.
Ons
hoor ook geweerskote vêraf, maar skryf dit later af as klappers.
My
broer van Skotland Whats App ons vroegoggend oor ‘n gepoogde staatsgreep, maar
ons sê daar is nie moeilikheid nie. Die internet verwys net na gevegte in die
hoofstad Ankara (wat ons net 2 dae vantevore deur is).
Ons
verstaan nie die Turkse radioberigte wat oral hardop klink nie.
So
is ons vroegoggend (soos gewoonlik) na die tremlyn en my Isanbulkaart wil nie
werk nie. Die sekuriteits ou sê dis OK as ons sommer deur die oop hek loop,
want vandag is alle ritte gratis a.g.v. die “political situation”.Die gewone
Turk is mos nie sterk op Engels nie.
Die
strate is verlate, maar die Blou Moskee, wat ek vir Ryna wil gaan wys, is
gesluit en net so alle besienswaardighede.
Ons
geniet onsself by al die uitkykpunte met geen toeriste of Turke nie. Ons ry die
tremlyne gratis van begin tot einde en weer terug en bekyk Istanbul gratis.
Ons
hotelier bel die lughawe en sê dat dat vlugte soos normaal van Ataturk lughawe
af vlieg. So teen middagete begin die Turke uitkom en begin ook die gratis
tremritte gebruik, terwyl ons met die Metro ondergrondse trein gratis Ataturk
lughawe toe te ry.
Ons
kom by die Ataturk lughawe uit en kom agter dat alle buitelandse lugrederye
verdwyn het en dis net Turkish Airline wat vlugte doen. Niemand kan of wil jou
help, veral van vreemde lugrederye nie en dis chaos op die lughawe. Op internet
wys dit dat Egypt Air se vlug na Kaïro, wat ons om 18h35 moes neem,
gekanselleer is – geen vervangende planne of raad of opsies nie.
‘n
Sekuriteitswag wys my daarop dat hoewel ek en Ryna met Air Egypt vlieg, is
hierdie vlug uitgekontrakteer na Turkish Airlines. Sjoe, wat ‘n gelukskoot,
want Turkish Airlines reël vervangende vlugte en as dit lank neem, verskaf ook
hotelverblyf. Na meer as ‘n uur in die inboek toue, sê die Turkish Airways personeellid
ons dat die Turkish Airlines vlug (soos baie ander vlugte) gekanselleer is en
dat ons met ‘n vervangende vlug moet vlieg. Na nog 4 ure met duisende gefrustreerde
mense, was Turkish Airways se vervangende opsie om ons vroeg Sondagoggend ons
nie net na Kairo te vlieg nie (waar ons ons vlug na Johannesburg sou gemis
het), maar om ons gratis direk na Johannesburg toe te vlieg. Ons het net die
hoogste lof vir Turkish Airways wat ook die gratis water en kos op die lughawe
uitgedeel het.
Ons
het wel 2 ure laat vir ons vlug van Istanbul vertrek, wat gemaak het dat ons
ons vlug na Bloemfontein verpas het. As alternatief is ek seker die ander
lugrederye sal eers na 3 dae jou kon akkommodeer (soos my broer uit Skotland
gerapporteer het).
So
kom ek en Ryna darem Sondag om 12h00 op Johannesburg se lughawe uit.
Vir
R2500 en baie hardloop op Johannesburg se lughawe kon ons darem so effe meer as
‘n uur later Bloem toe vlieg en was ons teen 18h00 by Aliwal by die huis.
By
Bloemfonteinse lughawe vertel ander Istanbul se reisigers ons dat hulle
Saterdagoggend vroeg op Istanbul se Ataturk lughawe was en dat bom ontploffings
die lughawe geruk het en hulle ‘n tenk sien verbyry het.
So
karjakker ons lekker Saterdagoggend in Istanbul se strate rond, terwyl ons nie
besef hoe ernstig dinge self in Istanbul was nie.
“Fortune
favours the Ignorant” – Met apologie deur Deon du Plessis
Archie sê: "Vir ons goeie seil vriende reël ons altyd 'n gekruisde anker situasie, maar vir ons baie goeie vriende reël ons 'n staatsgreep!"
Bravo vir die brawe Du Plessis's |