17Augustus 2016. Woensdag.
 |
Datça tot Kuraca Bükü |
Ons yskas is weer vol. Ons het
groente, vrugte en lamsvleis. Heerlike geelperskes, vars vye, swart druiwe en
piesangs. My mond water al klaar. Danksy Datça se supermarkte. Ons trek anker
op en laat spaander na Kuruca Küyü, 36°45.324 N, 27°53.804 O, 11.9 myl.
Ons sien weer vir Symi, wat sommer
naby is. Ons kan vandag selfs die dorpie sien. Ai, waar is Elize nou!
Oral is seiljagte en gullets op die
water. Dis heerlik warm en Gus waai nie. Dis nou my tipe weer. Die berge staan
trots regop al langs die kus. Almal met hulle voete in die see. Turkye is
pragtig.
 |
Op pad |
Ons vaar die baai binne en dit is
vol jagte. Is daar ooit plek vir ons? Ons vaar nader en kry ’n sandkol en ons
gooi anker. En hy byt behoorlik. Sommige jagte is naby mekaar, want hierdie is ’n
gewilde vakansieplek.
 |
Kuruca Baai |
Ons roei met Dinkie land toe en gaan
stap in die hitte rond. Oral is Turke wat piekniek hou, in die see swem en net
luilekker langs die see sit. Hierdie mense is lief vir die see. Regte
watermense.
 |
Mooi wandelpad |
 |
Watermense |
 |
Ankerplek |
 |
Kuruca Baai |
Terug by Maja, verkyk ons aan die
prag van die kleurespel van dag wat stelselmatig aand word. Met ’n bonus –
dis volmaan!
 |
Volmaan |