14 September 2013. Saterdag.
 |
O. Oxeias tot Mesolonghi |
Ek was nie lus vir nagwaak nie!
Gus het die hele nag gewaai. Ons het getiekiedraai en Maja het getril en Gus het geloei. Soms het dit gelyk of sy haarself wil verbysteek. Ek kon nie slaap nie. Gus wil nie loop lê nie. 03:30 het ek ingesluimer. Gelukkig het die anker gehou.
Ons gaan na Mesolonghi (38º 21.660 N, 21º 25.050 O), 20 myl. Ons vaar die meeste van die tyd en seil toe die wind dit toelaat.
 |
Kaptein span die seile |
 |
Barre berge |
 |
Al lê die berge nog so blou |
Ons kom by die bakens wat die begin van die kanaal aanwys. Dis vleiland hierdie en dit is vlak. Jy moet in die kanaal vaar waar dit diep genoeg is, anders strand jy. Langs die kanaal is daar huisies op stelte. Dié mense is almal vissers van beroep. Oral is visvangbedrywighede aan die gang.
 |
Pad deur die vleiland |
 |
Huis op stelte |
 |
Vlei-voëls |
 |
Huisies langs die kanaal |
Die Marina is groot. Baie jagte oorwinter hier. Hier is ook "live aboards", dit is mense wat die hele winter op die boot in die marina bly. Ons roep op die radio en die vriendelikste vasmeerman ooit, wag ons in en help vasmeer. Later die middag begin Gus met mening waai, maar ons is veilig. Die dorp is niks om oor te praat nie. Dis sommer maar net 'n plek.
 |
Son sak oor die marina |
Archie is lus vir seekat en ek maak vir ons. Ek kyk die arme gevriesde seekatte so uit die hoek van my oog en kry hulle vreeslik jammer. Ek gooi hulle in die pot en kook dit. En ons eet seekat!
 |
Aandete |
Vanaand gaan ek lekker slaap.
Published with Blogger-droid v2.0.10