6 en 7 September 2016. Dinsdag en
Woensdag.
 |
Pölemos bükü tot Üçağiz Limanı |
Ons kuier nog steeds in Kekova Roads.
Vandag gaan ons na Üçağiz Limanı vir twee dae. Dis glad nie vêr nie, net 3.4 myl. Dis
nie eers vêr genoeg om te batterye behoorlik te laai nie.
Verlede jaar was in die westelike
baai, maar die jaar gaan ons in die oostelike baai anker. Ons gooi in lekker
vlak water anker en ons huis is waar die anker val.
 |
Üçağiz Limanı |
 |
Sarkofae uitsig vanaf Maja |
Ons besoek weer vir Kale Köy, maar
die jaar met Dinkie. Die kasteel lê romanties bo-op die rotsgebergte. So asof ’n
ridder op ’n wit perd enige oomblik hier aangery gaan kom. Ons stap boontoe.
 |
Kale Köy en Simena Kasteel |
 |
Kale Köy baai |
Daar is baie sarkofae rondom die
kasteel. Die landskap lê rustig saam met al die dooies in hul klip doodskiste
in die loomwarm dag. Daar is ’n vreedsaamheid hier wat my wil vashou, ek wil
nog bietjie hier tussen van ouds se mense rondloop. Hulle lewens is verby en
hul name vergete, maar ons is hier in die nou en hede.
 |
Sarkofae en kasteel |
 |
My sarkofaag |
 |
Kekova Roads |
Die dorpie is ’n deurmekaar mengsel
van antieke klippe, Middeleeuse huise en lewende hawe wat veilig in ’n rots
tombe aangehou word. Die res van die dorp is mengelmoes restaurante, stoeltjies
en tafels is oral. Vreeslik deurmekaar.
 |
Deurmekaar |
Hier is ook ’n antieke onderwater stad en
die fondasies is nog duidelik sigbaar. Van die sarkofae is ook deels onder
water.
 |
Onderwater sarkofaag |
Hier is ’n ouwêreldse atmosfeer in
Kale Köy wat met my hart praat. En net sarkofae waar jy kyk!