18 September 2014. Donderdag.
Seeman, verlaat die see...
Maja is netjies weggebêre in haar wintersbed. Ons verlaat haar met hartseer in die hart. Dis winter in ons hart...
Ons klim die bus na Pamukkale. Dis snaaks om net land te sien. En op 'n pad te ry. En so vinnig, seker so 40 knope.
Die binneland is baie bergagtig. Dis ander soort berge hierdie. Dit laat my dink aan lego-blokkie-bergies. Archie sê dis sulke molshoopberge.
Pamukkale beteken "Kasteel van katoen". Dié dorpie is bekend vir sy spierwit berg wat van kalsium gemaak is. Oor miljoene jare het 'n warmbron, met kalsiumryke water, oor die berg geloop en 'n dik laag op dit agtergelaat. Nou is dit spierwit. Dis 'n Wêrelderfenisgebied.
![]() |
Pamukkale |
Ons stap saam met die miljoene ander agies op en vergaap ons aan die wit. Dit lyk soos kaalvoetdag op die PUK, skoene is taboe. Oral plas mense in die vlak poele rond.
Agies |
Voetjie-voetjie? |
Kaalvoet in die poel |
Ons drentel deur die "travertines" en maak seker ons sit nie 'n voet verkeerd nie. Sou jy dit waag, blaas die sekuriteit die fluitjie.
Terasse |