Wednesday, June 12, 2019

Kalymnos Eiland. Pothia.

11 Junie 2019. Maandag.

Pserimos to Kalmnos

Ons laat die miserabele Pserimos agter en soek nuwe weivelde. Ons gaan na Portia, Kalymnos Eiland, 7.4 myl.

Gus waai en ons seil vir 'n uur. Kalymnos lyk nog nes altyd en daar is baie plek vir ons by die dorpskaai. Archie kry 'n plek en tru terwyl ek die anker gooi. Gelukkig is daar 'n man op die kaai wat ons agtertoue kan vang en help vasmaak. En vas is ons.
Kalymnos
Kalymnos Kaai
Vandag voel dit soos somer hier in Griekeland. Die son skyn en bak behoorlik hier in die baai.

Ons gaan stap. Oral is spons te koop. Kalymnos was lank die sentrum van spons visvang in Griekeland. Aan die begin van die 19de eeu het Kalymnos spons na Engeland uitgevoer. Teen die einde van die 19de eeu is spons na oral in die wêreld uitgevoer en die spons vloot het uit honderde bote bestaan. In 1986 die spons 'n siekte gekry wat hulle bros gemaak het en wit vlekke gegee het. Die spons vloot het as't ware verdwyn en vandag is daar net 'n handjie vol bote vat nog spons vis. Baie inwoners het in die 20ste eeu na Australië en Amerika geëmigreer. Vandag is Kalymnos 'n gewilde vakansiebestemming.
Sponse
Daar is ook talle kerke in die hawedorp en bo-op die berg is die groot kerk en klooster. 
Kerk
Kerk bo-op berg
Standbeelde versier die strate en die plein. Portia is 'n lewendige en besige plek. Baie toeriste stroom na Kalymnos en swem op die talle strande regoor die eiland. Dis ook bekend vir uitstekende rotsklim en duik.
Die hawe is baie groot. Hier word seiljagte, vissersbote, toerbote en veerbote gehuisves.
Standbeelde
Deur
Kalymnos hawe
Vissershawe
Wel, ek moet sê, ek geniet die plek terdeë. Baie beter as die twee dae se gehop op Pserimos.

Die aand eet ons feestelik aan die duur vars garnale wat Archie vir ons gekoop het met Nando's peri-peri sous.

Feesmaal

No comments:

Post a Comment