![]() |
Gemiler tot Yeşilköy Limanı |
Nou ja, hier gaan ons. Voor ligdag is die toue los, anker op en weg is ons na Kalkan, 29.8 myl. Die windvoorspelling lyk goed en ons is reg vir die berugte Sewe Kape.
Oggendskoot - Eerste drie kape |
Oggendskoot |
Ons
vaar maar, want die wind is min. Die boek beskryf die see as "lumpy".
Wel, ek stem saam, die see is vol klonte. Geen gelyk pad hier nie. So
wieg ons vreedsaam vorentoe, altyd vorentoe.
Kaptein agter die helm |
Die antieke dorp van Patara lê onder hierdie duine |
Ons
word darem beloon met twee skaam en skugter dolfyne, wat net hulle
vinne vir 'n wyle vir ons wys en dan verdwyn na hul onbekende
geheimsinnige donkerblou diepter waar mensekinders nie heen kan gaan.
Ons
vaar by die baai in. Die boek sê die houkrag is swak in die baai en dis
geen leuen nie. Die eerste keer byt Mantus nie en na 'n matrooswoord
gooi ek weer en die keer behaal ons sukses. En ons is vas.
Ons
deel die baai met baie gullets, 'n paar skilpaaie en 'n bytvis. Ja, so
swem ek, onskuldige vrou en ek verbeel my iets knibbel aan my rug. Ek
voel dit weer en nog 'n keer. Dis 'n klein vissie wat my byt. Ek gil en
klim haastig uit. Al wat Archie te sê het oor die gebytery is: "Piranha
Piranha!" Hy het die vissie gesien. Klein onskuldige blou vissie.
Ons kosvoorraad is laag. Ons sou kos by Fehtiye gekoop het, maar ons het nie daarheen gegaan nie.
Dié
nag 01:00 bars die plastiese bottel wat die druk op die waterpomp beheer en
ons moet omtrent 200 l kosbare vars water uit die "bilge" dreineer. Toe
is ons ook gedreineer en gaan slaap eers op die dek om af te koel. Nou
het ons 'n waterskaarste én 'n kosskaarste op hande.