![]() |
Livadhi tot Paloi |
Alles is blou. Blou is my hart, blou is my gemoed, blou is my gedagtes, blou is my woorde, blou is my dade. Alles is blou, want my bliksemse blog is blou. Weg in die wind. Verdwyn in die niet. Asof ons nog nooit by die plek was nie.
Ai, vandag het ek weer moed om die blêrrie blog weer oor te skryf. So, hier is 'n verkorte weergawe van die gebeure.
Ons
gaan na Nisyros Eiland, 18 myl. Ons seil vir 1h45min. Paddy beman die
helm vir 'n ruk, onder die wakende oog van vroulief, MJ. Die kaptein
bekyk die seile en so gaan ons vorentoe, altyd vorentoe.
Om
die draai en daar is ons hawe, Paloi. Almal is slaggereed om hul take
te verrig. Die Fallers laat die fenders sak. Archie kry sy posisie en
tru. Ek gooi die anker, maar nou is die Fallers werkloos, want 'n man op
die kaai is gereed om ons agtertoue te vang. Sommer gou is ons vas en
veilig hier by een van my gunsteling eilande.
Nisyros
is 'n klein eiland vol kleur en prag. Hier het Moeder natuur wit
klippe, rooi vulkaniese rots en swart lawa klip gemaak om 'n wonderskone
landskap met baie atmosfeer te skep. Ons gaan dit alles sien en beleef.
Die vrinne gaan huur 'n kar en 17:00 is ons op pad na Mandraki, waar ons die sonsondergang gaan vier. En weg is ons. Archie bestuur, Paddy is 'n kyker (hy moet kyk dat Archie aan die regterkant van die pad ry), ek is die giller (ek gil as ek gevaar sien) en MJ is die kontroleerder (sy hou almal kalm).
Munisipale plein |
Maar
eers stap ons na Hohlaki strand met sy groot swart vulkaniese spoelklippe. Die kaptein dwaal op die strand rond, tel klippe op en
gooi dit dan weg soos dit 'n klein seuntjie betaam. Tel op, gooi weg,
tel op, gooi weg.
Hohlaki Strand |
Daarna
gaan ons na die Panaghia Spiliani Klooster, wat wag staan oor Mandraki.
Daar is 130 trappe wat jy moet klim om bo uit te kom. Bo gekom en die
kerk is gesluit. Soos gewoonlik hier in Griekeland. Daar is darem mooi klipwerk wat ons kan bewonder.
Poue |
Ons
klim in ons blou karretjie en ry na Paleoskastro. Vir my is dit meer 'n kasteel waarvan die manne hou. Strak en korrek. Die klipwerk is indrukwekkend. Maar dis
nie eintlik die plek waar ek in my verbeelding feëprinssese kan sien
rondloop en wag op hulle prinse nie.
By Paleokastro |
Terug
by Mandraki en ons sit in die restaurant gewapen met ons skemerkelkie
en wag dat die son moet sak. Ons word nie teleurgestel nie. Soos al die
ander dae sak die son en hier by Mandraki gaan skuil hy agter Kos Eiland
se berg. Ons gee 'n applous.
Ons ry terug huis toe en Maja wag ons in en heet ons welkom.
MJ en Paddy |
Ek en Archie |
Ons meisies |
Sonsondergang |