29 Junie 2016. Woensdag.
My dogter, Michelle verjaar vandag.
Baie geluk Michelle!
Ons gaan vandag die dorp op horings
neem. In die marina kyk die manne en Ryna hoe haal hulle ’n boot uit die water
en ons dink terug aan Cesme, twee jaar gelede, toe hulle ons uit die water
gehaal het. Ek kry so klein koue rilling.
 |
Deon kyk hoe boot gelig word |
 |
Nuuskierige agies |
 |
Op pad dorp toe |
 |
Ayvalik |
Ayvalik is anders as twee jaar
gelede. Dit neem ’n ruk voordat die dorp weer met my praat. Ons verkyk ons aan
die mense wat phyllo deeg maak. So asof dit maklik is. Ek begin aanvoeling vir
die plek kry. Ayvalik is ’n werkende dorp. Almal is aan die gang, produseer.
Hulle bak en brou, maak skoene. Die manne hou hulle besig met houtwerk en
staalwerk. Flukse ou klomp. Die perd staan en eet lustig aan sy voer.
 |
Straat toneel |
 |
Straat toneel |
 |
Perdekar |
 |
Maak phyllodeeg |
Archie stap in so nou straatjie in
en ek stap agterna. Ons kom op Violetta, ’n klein ou winkeltjie af. ’n Baie
vriendelike vrou help ons. Sy sê ons is haar eerste klante van Suid-Afrika. Ek koop
die mooiste geskenkie vir ’n baie spesiale persoon in Suid-Afrika. Dis alles
handgemaakte produkte.
 |
Violetta se winkel |
Deon en Ryna is terug by die boot
toe ons daar aankom. Sit en eet te lekker.
Ons gaan vanaand Turkse kos eet. Ryna
is vreeslik lus vit uitlandse smake en kosse. Ons tert op en weg is ons, na
dieselfde restaurant waar ons in 2014 geëet het. Dis ’n plek waar plaaslike
inwoners ook eet.
Ons gaan kies vir ons kos en ons
besluit op gevulde courgette blomme en kofta. Dáárby saam ook gevulde soetrissies,
beesvleis en ’n hoenderbesigheid. Maar my maggies, is dit lekker. Elke kriesel
word opgeëet en die brood word in die sous gedoop en hulle vee die borde skoon
met daai brood. Te gou is die kos op.
 |
Turkse feesmaal |
Ons stap terug na Maja en eet vrugte
as nagereg aan boord. Dis ons laaste aand in die marina van Ayvalik. Môre is
dit Deon en Ryna se nooiensvaart.