5 Junie 2018. Dinsdag.
 |
Palaiokastro tot Monemvasia |
Vandag is die groot dag. Ons gaan na Monemvasia, 28 myl. Rondom Kaap
Malea. Die windvoorspelling lyk baie goed. Alles behoort glad te
verloop.
Die boek sê as die
Melteme waai, kan die rukwinde wat van die berg af waai jou seile skeur,
maste breek en jou ook laat omslaan. Dan moet jy 3 myl van die kus af
seil. Vandag is hier nie
wind nie. Die see is glad. Deinings rol nog van gister se wind en al
die skepe wat hier vaar. Ons kan baie na aan die kus vaar.
 |
Vragskip |
Naby
die punt van die vinger is 'n eensame klooster. Geen motor kan daar kom
nie. Daar bly nog 'n paar monikke daar. Die boek sê mens moet onthou om
vir hulle te waai. En ek maak toe ook net so. Die oomblik is baie
groot. Om so naby die klooster en die gevreesde Kaap Malea verby te
vaar, bring trane in my oë.
 |
Kastyberg |
 |
Verlate klooster |
 |
Waai vir die monikke |
 |
Klooster by Kaap Malea |
Om
die punt, op 'n seepgladde see en daar is die ligtoring. Hier êrens
onder die see, lê 'n skeepswrak. Dit word op die Navionics kaart
aangedui. Iemand anders was nie so gelukkig nie.
 |
Kaap Malea se ligtoring |
Nou
is dit die langpad na Monemvasia. Ek en Archie maak beurte agter die
helm, halfuur skofte. Ons Autopilot is mos stukkend. Gelukkig kom
Monemvasia stadig maar seker nader.
Ons
vaar by die hawe in en daar is net een plek. Archie tru, ek gooi en die
ankerketting maak dit met twee skakels. Ons is nog bietjie vêr van die
kant, maar die kaptein sal dit later kom fix.
Ai,
dit voel heerlik om hier te wees. Baie van die jagte wat hier is, het
die pad saam met ons gevaar. Ons is almal regte seilers. Geen charter
bote nie, net egte seilers. Op almal se gesigte is genoegdoening.
Gelukkig en tevrede.
 |
Welkom in Monemvasia |
 |
Monemvasia se kaai |
Ek
lê langbeen op die dek. 'n Seemeeu duik sekuur en vang 'n vis. Die
Oostenrykse buurvrou sit op hul boot se snoet met haar poedel. Die
Engelse buurvrou speel kitaar en sing saggies. Die kaptein lees boek.
 |
Oostenrykse buurvrou |
 |
Engelse buurvrou |
 |
Kaptein |
Die
Finne, Sakari en Riita, nooi ons vir koffie. Hulle bederf ons met
mastik, 'n drankie wat van boomtrane gemaak word, vrugteslaai,
mastik-teebrood en koekies.
 |
Mastiklikeur |
 |
Mastik-teebrood |
'n
Reuse skilpad swem in die hawe rond. Ek het sowaar nog nie só ou grote
gesien nie. 'n Visserman werk met sy nette. Dis heerlik in Monemvasia.
 |
Reuse skilpad |
 |
Visserman |
Ons koop tradisionele wors en nooi die Finne vir ete. Riita bring tamaties, met kapers, basiliekruid en feta as voorgereg. Ons
eet wors, kapokaartappels en rooikool. Sakari is vreeslik lief vir
aartappels. Ons lag omtrent vir hom toe hy nóg wil skep terwyl hy
alreeds 'n berg aartappels in sy bord het. Ai, maar dis 'n heerlike aand
saam met sukke goeie vriende.
 |
Riitta, Sakari en ek |
 |
Riitta se voorgereg |
Ons gaan slaap dankbaar en gelukkig, moeg en uitgeput. Ons is hier. Ons leef en beleef, bestaan en verstaan. Ons is.