24 Augustus 2017. Donderdag.
![]() |
Daskalio tot Vathi Baai |
My jongste seun, Gerrit, verjaar vandag. "Baie geluk, Gerrit."
Vroegoggend is pragtig by Daskalio. Ons klim in Dinkie en gaan land toe. Die son se warm gloed verlig die baai en spoel sy sonstrale oor almal. Dis pragtig.
Vroegoggend is pragtig by Daskalio. Ons klim in Dinkie en gaan land toe. Die son se warm gloed verlig die baai en spoel sy sonstrale oor almal. Dis pragtig.
Ons stap op en die uitsigte van bo af is
asemrowend mooi. Daskalio, my Daskalio. Ons drink die omgewing in. Die hoë
berge daar vêr. Hulle troon mistiek mooi oor die blou-blou see uit, soos
bewakers van die skoonheid. Statig, stemmig, staties, sonder stem.
Hoofland berge |
Ons stap verder. Die rotse is kontras-wit met die
blousel-blou see. Ek en Michelle sit en geniet die bekoorlike uitsig. Doer vêr onder
in die baai lê Maja tevrede en wag op ons terugkoms.
Daskalio. my Daskalio |
Dogter en Ma |
Daskalio Baai |
Om elke hoek wil die uitsig mooier wees. Al wat
ons kan doen, is om ons te verlustig in die skepping en die volmaaktheid
daarvan.
Archie, ek en Maja |
Daskalio Baai |
Michelle en Johan |
Die ou tjor staan nog op dieselfde plek waar ons
verlede jaar ook gesien het. Groen en verroes, ’n blyplek vir seemeeue. Ons lyk
omtrent of ons die nuutste vakansieklere vir ’n modetydskrif modelleer! Ons
stap terug en Dinkie neem ons terug na Maja en ons maak gereed om te vertrek.
By die ou tjor |
Stap terug |
Weereens is dit anker op en Johan kry die eer om
dit op te trek en weg is ons na Vathi. Ons besef eers hoe goed is die skuiling
by Daskalio toe ons uit die baai ry. Gus waai
dat die wit perdjies op die deinings ry. Ons span seil en seil vir ’n
ruk. Ek hou mos nie eintlik van die geseil nie, veral as ons skuinslê, maar
Michelle en Johan geniet dit saam met die kaptein.
Naby Alyki |
Ons gooi eers by Alyki anker en Michelle en Johan
gaan supermark toe om ’n paar voorrade te koop. Gus waai nogal en die twee roei
dat dit klap. Dis nie lank nie, of hulle is terug met ’n klomp pakkies. Hulle
het te lekker gekoop!
Archie en Michelle roei weer land toe om die
vullis te gaan weggooi, want ons het vergeet om dit vir die twee jonges te gee.
Toe almal weer aan boord is, trek Johan anker op en ons vertrek.
Michelle en Archie |
Ons kyk eers die sake by ’n ander baai uit, maar
na hewige warm samesprekings besluit ons dat Vathi ’n beter opsie is. Dis ’n
groot baai wat lank diep bly en dan skielik vlak word en ons gooi (te naby die
land) anker. Vas is ons en amper op die strand. So naby was ons lanklaas aan
die land. Archie swem en gaan toets die diepte en bevestig dat ons veilig is.
Die kinders gaan snorkel en ons swem. Vir my is
die baai eintlik ’n anti-klimaks na so ’n mooi plek soos Daskalio. Ons eet
sommer ontbyt vir aandete, pap en eier en Griekse spek.
Die aand rol Gus die see by die baai in en ons
spoel nog nader aan die strand. Ek staan ’n paar keer in die nag op om seker te
maak dat ons nie al gestrand het nie.
My Daskalio-borrel bars, want dit voel nou vir my
of die skepping nie meer volmaak is nie.