5 September 2018. Woensdag.
 |
Üçağız tot Pölemos Bükü |
Alweer 'n hanetree na Pölemos, 3.6 myl. Ek het dié baai mos verlede jaar, saam met Till en Andree herdoop na windbaai.
Ons
gooi anker en ons is vas. En ons stap dadelik na Aperlae, die antieke Lycian
stad. Hier het mense gewoon vanaf 4de eeu v.C. tot die 7de eeu n.C. Die pad is lank en warm en sweet is ons voorland. Hier is baie karobbome. Die blare en die peule word gebruik vir voer vir diere. Die woord "karob" hou verband met die hedendaagse term "karaat" (waarin edelgesteentes gemeet word), omdat elke saad omtrent 0.2 g weeg. Sommige mense dink dis die waarheid, ander beweer dis 'n mite.
 |
Lang warm pad |
 |
Karobboom |
 |
Karob peul en pitte |
Dit
wemel hier van gesonke fondasies en sarkofae. 'n Ou muur wat rondom die
stad was, is nog te sien en ek gaan verken die binnekant van die muur
terwyl Archie, Yvon en Louise êrens anders heen loop.
 |
Gesonke gedeelte van die stad |
 |
Yvon, Louise en Archie |
 |
Sarkofaag |
 |
Ek op die fondasie |
 |
Stadsmure |
 |
Archie en ek |
 |
Mooi sarkofaag |
 |
Sarkofae |
 |
Binne-in die muur |
Ons
stap die lang pad terug en skrik nie vir die voëlverskrikker nie, want
ons is mos nie voëls nie. Ons drink by die nors man bier en coke, omdat
ons vie Dinkie by sy restaurant vasgemaak het.
 |
Voëlverskrikker |
Die
herdoop van die baai is nie om dowe neute nie. Gus begin waai en Maja
word heen en weer geswaai. Ek hoop die ander drietjies geniet die
blêrrie wind, want ek geniet dit gladnie. Dit raas en irriteer my oë.
Kry vir julle! Kaas dit en geniet dit!