25 Meı 2017. Donderdag.
 |
Catal Bükü tot Söğüt |
Die oggend is pragtig. So, ek dink dis die regte tyd om ’n fotosessie
te hê. Ons drapeer vir Chrismari voor teen die genoa se paal en maak haar
glimlag en siedaar. Te pragtig. Ek en die kaptein glimlag ook so ewe vir die
kamera, want dis nie elke dag wat ons saam gekiek kan word nie.
 |
Chrismari |
 |
Chrismari |
 |
Ek en Archie |
 |
Die donkie, Sarel |
 |
Haal wasgoed af |
Toe vertrek ons na Söğüt, 15.2 myl. Daar is net ’n ligte
briesie wat waai en die kaptein dink nie eers aan seile span nie. Ons vaar naby
Symi eiland verby en ek dink aan my suster, Elize, wat so lief vir dié eiland
is. Maja prrr ritmies voort. Vorentoe, altyd vorentoe.
Ons vaar by die Yesilova Korfezi in en doer voor is Söğüt.
Ons wil kyk of daar nie ankerplek is nie. Die baai is meestal diep en ons gee
amper moed op. Die kaptein volhard in die soeke na ’n heenkome en jouwaarlik,
hy vind ’n geskikte plek en ek gooi die anker op ’n mooi stuk sand en hy byt
behoorlik. “Home is where the anchor drops”.
Die water lyk heerlik en sommige van ons kry haar eerste
swem van die toer in. Dis maar koud, maar toe ons eers in is, swem ons heerlik.
 |
Meerminne |
Dis ’n luilekker middag op Maja waar ons lees en gesels en later,
toe die skemer daal,wyn ons drink en geniet aandete. Dis windstil in die baai. Soms
sug Gus net liggies. Ek vertel vir Chrismari al die grappies wat ek ken en haar
skaterlag vul die baai.