Wednesday, June 12, 2019

Leros Eiland. Lakki.

11 to 13 Junie 2019. Dinsdag tot Donderdag.

Kalymnos tot Lakki

Ons gaan vandag na Emborios. Dis 'n baai aan die westekant van Kalymnos. Die boek sê die houkrag is sleg, maar daar is ook restaurant boeie wat jy kan gryp.

Dis 'n dowwe dag. 'n Deurskynende dag waar die miswolkies laag lê. Hier is pragtige dofgrys berge. Soms reën dit drup-drup. Maar ons vaar vorentoe, altyd vorentoe.
 
Dowwe dag
Miswolkies oor Telendhos Eiland
Grou dag
 
Die hele Emborios Baai is gesaai met boeie. Ons vaar toe maar na die enigste ankerplek, waar eers 'n visplaas was, met dit seegras bodem. Ek gooi anker en dit byt nie. Die kaptein sê dis teen sy beginsels om 'n restaurant boei te gryp. My hart hunker na 'n boei. Ons gaan Xerokambos toe.
 
Emborios Baai
 
Ek is stomgeslaan. Ek wil by Emborios bly. Ek sal daarvan hou om 'n restaurant boei te gryp, al is ek nie lus vir uiteet nie. Ons draai in ons waterspore om en vaar voort. Tot by Xerokambos, waar die anker verseg om te byt. 'n Matroos vloek hard. Nie in die vêrte nie, sommer hier naby, op die boot.
 
 

Ons gaan toe maar na Lakki, 25 myl en gooi anker. Die son skyn, maar die atmosfeer bly dik.
 
Lakki Baai
Lakki
Aandlig
 

No comments:

Post a Comment