Ons huisie front oos. Die somerson maak ons dood. Ons sal skadu moet kry. Toe besluit ons op 'n pergola.
Spiros kry die balke reg en bring dit hierheen. Archie verf die hout met spesiale verf om dit waterbestand te maak. En toe begin die doenigheid. Spiros en Ioannis is op en af met die lere. Hulle meet en saag en boor. Dit klink soos oordeelsdag en weerklink in die Paluki berg.
Toe is die pergola op en nou moet dit sonskerm-lappe kry. Machie maak die sonskerm-lappe en sy en haar man, George kom sit dit op en siedaat. Ons het 'n pragtige pergola. Marchie's Place lyk sommer spoggerig.
 |
Die begin |
 |
Hoekpaal |
 |
Spiros en Ioannis aan die werk |
 |
Dwarsbalk |
 |
Eindproduk |
Voor die winterwinde kom, moet al die sonskerm-lappe afgehaal word, ander waai Gus hulle aan flarde. Toe is Archie op die leer en haal dit af. Die tyd van die jaar is die sonnetjie op die stoep baie welkom.
 |
Maak skroewe los |
 |
Loslappie |
 |
Halfpad |
 |
Kaal gestroop |
No comments:
Post a Comment