20 Junie 2016. Maandag.
![]() |
Salagonas Baai tot Ermioni |
Ons vaar om die suidepunt van Chios. Daar is ruwe rotse in die wêreld.
Ruwe suidepunt |
Vandag was verondersstel om ’n kort dag te wees, net 10 myl, na ’n klein baai om te anker. Dis ’n pragtige baai, maar klein. Die twee seiljagte wat reeds daar is, staan die baai vol.
Ons vaar vêrder na Kataraktis hawe. Dis ’n klein hawe en die boek sê
hier is die lekkerste “Red Mullet” wat hy al geëet het. Dit lyk of daar plek
is, maar daar is orals boeie en motorbande teen die kaai. Die plekke behoort
heel waarskynlik aan die vissermanne.
Ander mense doen “Pub crawling”, maar dit lyk vir my ons doen “Harbour
crawling”. Ons vaar vêrder na nog ’n hawe waar daar volgens die boek heelwat
plek vir jagte is. Die plek se naam is ook Ermioni, 38°18.042 N, 26°08.929 O,
21.5 myl.
Ermioni |
Maar daai boek lieg soos ’n tandetrekker. Daar is net plaaslike bote in
die hawe, meestal vissersbote. Ons wil stert tussen die bene uitvaar, toe ’n vriendelike
Griek vir ons fluit. Hy is daar met ’n motorsports boot en hy gaan vertrek. Ons
kan dan langs die kaai vasmeer.
Toe is dit gereed maak, want ons het gedink dit is ankergooi en tru. Ek
laat die fenders sak, kry die toue uit en toe, voordat ek tyd kry vir paniek,
trek Archie al langs die kaai in, ek moet helm oorvat en hy klim af met die
tou. En sowaar as wraggies, net so, toe is ons vas.
Vas aan die punt van die kaai |
Hawe |
Hierdie is ’n snaakse plek. Beslis nie ’n toeriste aantreklikheid nie. Hier bly net gewone mense sonder swier van toeriste. En dit is ’n bedrywige hawe. Vissermanne kom en gaan. Archie gaan vind uit of hier vis beskskbaar is, maar hier is nie eers tavernas nie.
Hy kry darem ’n paar tamaties, uie en aartappels te koop. En ook piesangs
en perskes.
Dis soms lekker om in die weklikheid tuis te gaan. Sonder
pretensie. Sommer net.