3 Julie 2018. Dinsdag.
 |
Manalonisi tot Karavostasi |
Kyk, van hierdie Folegandros eiland het ek nog nooit gehoor nie. Tot hierdie jaar.
Opgrawings het openbaar dat dié eiland bewoon is sedert 3000 v.C.
Weereens is dit deur talle magte verower en in 1828 is dit verenig met
Moeder Griekeland.
Maar eers
vertrek ons van Manolonisi se pragtige ankerplek na Karavostasi, 20.5
myl. Ons vaar verder verby Poliagos Eiland, wat 'n onbewoonde eiland is.
Mens kan nogal sien hoekom niemand hier bly nie, want dis net klip en
rots.
 |
Wit kranse |
 |
Rotsagtig |
Gus
waai reg en ons seil vir 1h30 min. Stadig, maar seker kom Folegandros
nader. Geweldige groot rotse intimideer my, want hulle staan kolossaal
grotesk sommer so in die see. Toring boontoe. Onherbergsaam en dreigend.
Daar is ook die Chrysospiliá grot teen die hang. Dit was blykbaar 'n
plek van aanbidding. Dertig klein trappies is van die see se kant af in
die rotse uitgekap om die grot te bereik.
 |
Trots op sy seile |
 |
Chrysospiliá Grot |
Ons
vermy eers 'n paar rotse en toe lê die hawe voor ons. Die Port Polisie
blaas hard op haar fluitjie en skree om moet vinnig vasmeer, want die
veerboot kom om die daai. Gus waai, Archie tru en ek gooi anker. Alles
in staccato. Ek besef die ketting gaan te min wees en ons moet op tou
gaan. Fanie weet hoe bang ek vir daai tou is (veral nadat ek daai tou by
Nafplio moet gryp en die riool op my gespat het). Ek druk die knoppie
tot die laaste ankerketting skakel verskyn, sit my pendant neer en toe
die swart tou uit die opening verskyn, gryp ek dit en sit dit om die
cleat om dit te beheer. 'n Man vang die toue op die kaai en ons is vas.
 |
Karavostasi |
Alles
beweeg hier op die kaai. Gus waai, veerbote kom en gaan, die see is nooit stil nie. Maar hier is
ons! Ons maak klaar om die bus na Chora toe te klim. Dis die hoofdorp
van die eiland. Aan die een kant van Chora is die huise op verikale kranse
gebou. Dis hoog. Doer onder lê see wat teen die rotse klots.
 |
Huise op kranse |
 |
Hoogtevrees |
 |
See doer onder |
Die
Chora is omtrent 'n oase in die barre landskap. Pragtige basiliekruid groei in oordaad. Blompotte vol tuin staan oral rond. Rein en wit is die
huise met hul veelkleurige vensters en deure en ons stap in die strate rond. Daar is sulke terrasse teen die steil berghange waar hulle
seker soms probeer om iets te plant. Of dis kampe vir bokke.
 |
Winkelstraat |
 |
Chora |
 |
Terrasse |
Soos
gewoonlik is die kerk op die berg. Die Christene was seker baie fikse mense! Hoog en wit skitter dit in die son.
Wat 'n lekker uitstappie. Ons klim die bus en ry terug huis toe. Na die kaai waar die see altyd beweeg.
 |
Kerk teen die berg |