 |
Astrous to Nafplio |
Verlede jaar kon ons nie na Nafplio gaan nie. Daar was net nie tyd nie.
Daai kasteel roep my naam. Dan moet jy maar luister en daar trek ons na
Nafplio, 10.5 myl. Ons vaar verby die Venesiese fort op Bourtzi Eiland.
Pragtig.
 |
Fanie op pad na Nafplio |
 |
Bourtzi Eiland |
Daar is baie plek by
die hawe en na 'n bietjie redekawel, tru Archie ek ek gooi anker. Maar o
weë! Ons is te vêr van die kaai af. Die ankerketting is op en ons gaan
op die tou. Toe ek die tou gryp om dit om die "cleat" te sit, tref die
oorvloei van die toilet in die ankerkas my tussen die oë. Daai tou is
toe deurweek met nommer een en twee!
Ek
lyk en ruik of ek in 'n drein geval het. My hande, my klere! Mensig,
die stank! Die tou is in elk geval te kort en ek moet anker optrek om
weer te gooi. Ek trek 'n suur gesig.
Archie
tru weer en ek gooi weer. Dit lyk vêr! Die keer staan Fanie gereed om
die stink tou te gryp om aan die "cleat" te maak as die ankerketting
weer opraak. En sowaar, weer te vêr. Fanie gryp die tou, maak vas en die
blêrrie tou gaak aan Dinkie se tou vas. Sowat van sukkel! Ons is weer
te vêr van die kaai.
Die
manne op die kaai staan geduldig en wag om ons agtertoue te vang. Weer
optrek en weer gooi. Hierdie keer is dit net-net genoeg en ons is
uiteindelik vas. Die swaers stry eers oor die bron van die stank. Sê dis
modder en seegras (wat wel in die ankerkas is). Hulle was die dek voor
met seewater en die ankerkas word behoorlik uitgespoel. 'n Spesimen word
ontleed en dis nommer twee.
Ek
moet sê, in die hele gedoente is ek ware matroos. Ek dink ek sal my
mond ook moet uitspoel. Toe is alles skoon, gaan ek stort, die swaers
spring in die see om skoon te kom. Ons ruik toe beter.
 |
Maak ankerkas skoon |
Nou
vir die hoogtepunt. Kasteel, hier kom ons! Jy moet 999 trappe klim
om bo by die kasteel uit te kom. Die swaers loop ligsvoets en die
susters se tonge sleep. Hierdie ruïnes is behoorlik indrukwekkend.
Archie en Fanie stel nie belang om die €8 te betaal om in te gaan
nie.
Dit reën liggies,
maar ek en Elize begin die verkenningstog. Ons skuil totdat dit ophou
reën. En toe pak ons daai kasteel aan. Dis reeds v.C. al bewoon. Elize se
opgewondenheid het geen perke. Elke bastion, muur en uitsig word bewonder.
Die enorm groot en neem lank om te verken.
Die
tronk was seker stikdonker en skrikwekkend. Dit is langs die kerkie, nogal ironies.
Die een bastion wil mooier wees as die volgende een. Indrukwekkend is
dit inderdaad!
 |
Op pad na kasteel |
 |
Palamidhi Kasteel |
 |
Swaar weer |
 |
Dreigende wolke elders |
 |
Naby tronk |
 |
Trappe na tronk |
 |
Binnehof |
 |
Elize in die bastion |
 |
Bastion | |
 |
Ek |
Nafplio is
'n dorp met karakter en Elize oorreed my om saam met haar in die
treintjie te ry. Dit vat ons deur die hele Nafplio. Allerande
interessante plekke word uitgewys. Die swaers probeer rugby luister,
sonder sukses. Hulle kry wel die tellings.
 |
Leeu |
My
linkeroor is nog steeds toe. Dit suis nou al in kanon. Ek gooi nou al
vir 6 dae druppels om die was sag te maak en vanaand gaan Archie my oor
uitspuit. Hy is breedvoerig ingelig wat om die doen. Ek
voel soos 'n slagoffer en Dr. Archie en suster Elize staan gewapen met
die spuit. Na talle probeerslae gooi ons handdoek in. My oor bly toe.
Agge nee!
 |
Spuit oor skoon |
 |
Heerlike dag loop ten einde |