Wednesday, June 27, 2018
Rivari Baai. Milos Eiland.
26 Junie 2018. Dinsdag.
Dis ook al wanneer ek die son sien opkom. Dis nou as ons so vroeg vaar. Dis heerlik stil in die baai. Anker op en ons laat spaander na Rivari Baai, 27 myl, op Milos Eiland.
Dit lyk vir my Elize het die plat see en goeie weer in haar rugsak gepak en huis toe gevat! Hier is deesdae net groot see en baie wind.
![]() |
Koutala Baai tot Rivari Baai |
Dis ook al wanneer ek die son sien opkom. Dis nou as ons so vroeg vaar. Dis heerlik stil in die baai. Anker op en ons laat spaander na Rivari Baai, 27 myl, op Milos Eiland.
Sonsopkoms |
Hulle
voorspel sterk suidwestewinde en in dié geweste is daar nie so baie skuiling
teen die winde nie. Ag nee, ek hou maar nie van die Cyclades nie. In
Milos is daar ankerplek teen suidewind. Antimilos het 'n wolk op en die
groot Griekse boek sê as dit so lyk, verwag mens sterk suidweste en
weste winde. Dis wraggies die waarheid!
Andimilos Eiland met sy wolk |
Die
eerste deel van die vaart motorseil ons. Gus waai van skuins voor, ons
kan net-net seil. Die laaste deel gee ons op en vaar maar verder. Ons
kry ankerplek in die groot baai en gooi in 'n redelike sterk wind anker.
Gus se "gusts" teister ons.
Dis
eintlik 'n pragtige vulkaniese eiland met 'n chora op die berg. Ons kan
nie eers vir Maja verlaat om die pragtige dorpie te gaan verken nie.
Wat 'n jammerte! As dit beter raak, kan ons dalk Vrydag teen die kaai
vasmaak en die dorp besoek.
Vulkaniese rotse |
Chora |
Milou Baai ingang |
Eilandjie, huis en kerkie |
Ons moet nou hier skuil tot Vrydag. Fors sewe winde word Woensdagnag en heeldag Donderdag verwag.
Windvoorspelling vir Donderdag |
Archie
maak nou al vir Maja windbestand. Hy maak vir Dinkie ekstra goed vas en
ons vou die bimini op. Mens weet nooit of die wind dalk vroeër deurkom
nie.
"Battening down the hatches" |
Dit lyk vir my Elize het die plat see en goeie weer in haar rugsak gepak en huis toe gevat! Hier is deesdae net groot see en baie wind.
Ons het vandag 'n klomp dolfyne gehad wat saam met ons geswem het. Dis darem 'n ligstraaltjie.
Dolfyne swem saam |
Te lekker |
Tuesday, June 26, 2018
Koutala Baai. Serifos Eiland.
25 Junie 2018. Maandag.
Hierdie Cyclades is nie vir my nie. Te veel wind. Te groot see. Te min
rus vir my siel. Gus het darem stiller geraak in die nag.
![]() |
Fikiada Baai tot Koutala Baai |
Vandag
gaan ons nie vêr nie. Ons wil eers kyk hoe lyk Merika se ankerplek en
dan gaan ons na Ag. Dimitrios Baai, 7 myl. Ons ry eers 10:00. Merika
se ankerplek lyk nie te waffers nie en ons gaan na Ag. Dimitrios. Gooi
anker, dit byt pragtig, maar dit wieg in die baai. Ons trek toe maar
anker op en seil 15 myl verder na Koutala Baai op Serifos eiland. Ons kort dag word 'n lang dag!
Hoe
later hoe kwater en die wind waai sterker, gelukkig van skuins agter en
daai see rol en wieg ons rond. Ek is nou al gatvol vir reuse golwe. Tot
Archie se oë rek soms as die drie groot golwe na mekaar aangerol kom.
Dan gaan dit 'n rukkie beter, tot die volgende drie golwe kom. Ons stem
darem oor een ding saam. So groot see is nie lekker nie.
Die
wind en see klim in my gemoed. Krap my om. Maak my bedruk. Waar is
heerlike Saronic See? En die Ioniese See? En die Peloponnisos? Hier is
net wind en wieg. Ek sal weer gewoond moet raak.
Genadiglik
gaan ons om die hoek en die see is plat. Daar is wel windvlae, maar die
baai bied genoeg beskerming. Hierdie Serifos is een dorre eiland.
Vreemde soort mooi. Gekasty deur wind en weer. Ons gooi anker. En hier
is ons.
Koutala Baai |
Monday, June 25, 2018
Fikiada Baai. Kithnos Eiland
24 Junie 2018. Sondag.
Dis nog donker toe ons koffie drink. Vandag is die lang pad na Fikiada Baai op Kithnos Eiland, 41 myl. Dis ons seekruising van die Saronic See na die Cyclades. Daar word Fors 5 winde voorspel (so 20 knope).
![]() |
Tselevinia tot Fikiada Baai |
Dis nog donker toe ons koffie drink. Vandag is die lang pad na Fikiada Baai op Kithnos Eiland, 41 myl. Dis ons seekruising van die Saronic See na die Cyclades. Daar word Fors 5 winde voorspel (so 20 knope).
Ons
vertrek 5:15. Dis nog bietjie donker en Maja se ligte is aan. Die winde
is so 10 tot 15 knope. Toe dit lig word, span ons die genoa en die
hoofseil. Die wind is van die kant en ons seil heerlik gemaklik.
Vroeg uit die vere |
Ons
vaar verby die windplaas (eintlik 'n eiland vol windturbines). Dis seker daai turbines wat die towerwoord
gespreek het, want toe ons verby die windplaas is, begin Gus in sy volle
glorie te waai. Stadig maar seker styg daai knope. Ons trek later die
hoofseil in en nog later seil ons net met 'n klein stukkie genoa. Ons
seil teen 5 tot 6 knope.
Wind eiland |
Die
see is groot. Reuse golwe spoeg ons telkens in die gesig. Maja word
behoorlik geskommel. Die golwe rol van skuins van af voor onder Maja
deur ander kant uit. En ons rol saam. Jy kan nie vir een oomblik ontspan
nie. Jou lyf is gedurig besig om te kompenseer vir die beweging. Archie
vat daai helm vas, konsentreer en so vorder ons vorentoe. Altyd
vorentoe.
Archie by die helm |
Vir 22 myl seil
ons so. So groot see het ons lanklaas beleef. Groot was ons vreugde toe
die baai in sig kom, na 9 ure op see. Daar is reeds 'n hele paar jagte
op anker, maar daar is plek vir ons. Hier is nou wel windvlae in die
baai, maar die see is plat.
Fikiada Baai |
Fikiada Baai |
'n
Seiljag met 'n klomp Kroasiërs gooi anker net agter ons, maar hulle
toets nie die anker vreeslik goed of dit gebyt het nie. Ek sien later
hulle jag is baie vêr agter ons en dink hulle het hul anker oorgegooi.
Hul dinghie is nie by die jag nie, so hulle is nie aan boord nie.
Toe
daai manne terugkom, is hulle in paniek. Hul anker het gesleep, baie na
aan die rotse. Hulle trek anker op en dis net seegras. Hulle het mos
hoeka nie getoets of dit gebyt het nie. Hulle gooi weer anker, net so
voor ons en toets wragtig weer nie of dit behoorlik gebyt het nie!
Gelukkig waai Gus baie ligter. Sommige seilers gee net nie om nie. Dis
mos maar net 'n charter boot!
Ons bly die hele dag op Maja. Glad nie lus om in dié wind land toe te gaan nie. Ek het genoeg gehad van wind.
Doodmoeg gaan slaap ons lekker vroeg en maak behoorlik daai matras seer. Baie dankbaar ons is veilig hier!
Elize en Fanie
Hierdie was Elize se vierde seilvakansie saam met ons op Maja. Sy het ons verbaas met haar uithouvermoë om al die steil paadjies en straatjies uit te klim. Sy is 'n sien-vraat. Kry doodeenvoudig nie genoeg van die dorpe nie. Sy wil álles sien en ervaar.
Elize
het altyd gehelp waar sy kan. Altyd op haar pos met die koue drankies
en sy kán goed skottelgoed was. Dankie vir al die hulp. Dit word baie
waardeer.
Elize skryf:
"Dis altyd so moeilik om tussen al die pragtige plekke te kies, maar Monemvasia was vir my dié mooiste en lekkerste. Monemvasia, met sy dorpie op die berg. Die mooi strate tussen die ewe mooi huise en al die pad boontoe. Na die mooiste ruïnes van huise van lank gelede. En op dieselfde dag, die rustige anker in Ieraka baai, waar ek net tot ruste kon kom en die stilte van die baai kon indrink.
"Dis altyd so moeilik om tussen al die pragtige plekke te kies, maar Monemvasia was vir my dié mooiste en lekkerste. Monemvasia, met sy dorpie op die berg. Die mooi strate tussen die ewe mooi huise en al die pad boontoe. Na die mooiste ruïnes van huise van lank gelede. En op dieselfde dag, die rustige anker in Ieraka baai, waar ek net tot ruste kon kom en die stilte van die baai kon indrink.
Monemvasia |
Die kasteel met sy 999 trappe by Nafplio was ook ' n hoogtepunt. Dit was die beste kasteel wat ek nóg gesien het.
Navplio Kasteel |
Dan was daar ook nog Ermioni, waar die hope bote op die kaai afpeil en die chaos om vir almal 'n plek te kry. Dit was baie opwindend.
My
beste ervaring was die heerlikste swem op anker by Zoyioryia Baai, op
Spetsai. Die water was so helder, ek kon meters diep in die water sien,
met die mooiste turkoois-blou kleur. Ek kon nie ophou swem en my verkyk
nie.
Heerlikste swem |
Elke berg wat ek uitgebeur het, of dit nou tot by 'n kasteel of 'n kerk was, of tussen huise deur tot bo, met die steilste trappe wat voor jou uittoring, was vir my 'n lekker uitdaging met 'n gevoel van oorwinning as beloning. Sowat van steil opdraandes en berge, het ek lanklaas beleef.
Trappe op |
Berg op by Monemvasia |
Dankie Marietjie en Archie vir julle gasvryheid en met julle kundigheid met die hantering van die boot. Nadat ek gesien het hoe onhandig sommige seilers met hulle bote omgaan, is ek bly ek kan saam met julle seil. (Dankie vir die kompliment)
Dankie ook vir die heerlike etes wat ons altyd geniet het. Dankie vir die kapteinskoffie met die koekie van elke oggend.
Ons sal die vakansie, die seil en elke wonderlike en mooi dorp of baai altyd onthou.
Lekker verder seil."
Fanie het miere. Hy moet altyd aan die beweeg bly (behalwe as ons vaar en hy sit voor op die snoet). Hy was elke dag sommer vroeg uit die vere en dan gaan draf hy of verken die dorp. Kom dan terug met twéé brode en verorber een dan saam met sy koffie.
Dis
vir hom heerlik om op die dek te slaap, waar 'n briesie hom kan afkoel.
Hy het gereeld saam met Elize die skottelgoed gewas en was altyd bereid
om met alles te help. Hy is net effe sku vir die klein wit monster in
die "head".
Die plek wat
hom die meeste beïndruk het, was Idhra. Die besige hawe, die opstap
kerk toe, die hele dorp sonder motors. Ook Mandraki waar ons geanker het
met 'n "line ashore". Ook die heerlke 4 km stap van Mandraki tot by
Idhra se dorp.
Idhra |
Elize en Idhra se perde |
Fanie het baie werkstres. Hy sê dit was vir hom heerlik om op Maja se snoet te sit en totaal af te skakel. En dan net die ritmiese prrr van Maja te hoor en die sagte kabbeling van die verbygaande water. Hy kon heerlik ontspan.
Ontspan op Maja se snoet |
Dankie Elize en Fanie vir julle kuier. Dit was vir ons heerlik om julle aan boord te hê op ons kleine Maja (ma het altyd so gesê). Baie dankie vir die geskenk-geld. Ons sal dit nuttig gebruik. Julle kan gerus weer kom.
Sunday, June 24, 2018
Tot siens en Tselevinia
23 Junie 2018. Saterdag.
Ons is vroeg uit die vere. Elize moet nog 'n paar goedjies pak. Ons stap na die veerboot en dis sukke tyd. Koebaai-sê. Na die nodige oor en weer bedankings en drukkies en groetery, stap hulle aan boord. Dis 'n bloedrooi ou veerboot en Archie merk op "its only the paint that keeps it together". Gelukkige het Elize dit nie gehoor nie, anders sou sy haar vreeslik bekommerd het. Ons waai totdat ons mekaar nie meer kon sien nie. Archie sê: "Komaan, dis nou genoeg!"
Elize en Fanie se seilvakansie is verby. Hulle het van Monemvasia tot by Poros saam met ons geseil. Baie gesien, baie geloop, baie geklim.
Maja voel leeg en eensaam. Ons wag vir die wasgoed van Souzi's wassery. Kwansuis 'n twee-uur diens, maar ons wag vyf ure. Toe die wasgoed kom, vaar ons alleen leen leen na Tselevinia, 6.7 myl. Môre is dit 'n lang kruising met baie wind. Ons gaan slaap vroeg.
![]() |
Poros tot Tselevinia |
Ons is vroeg uit die vere. Elize moet nog 'n paar goedjies pak. Ons stap na die veerboot en dis sukke tyd. Koebaai-sê. Na die nodige oor en weer bedankings en drukkies en groetery, stap hulle aan boord. Dis 'n bloedrooi ou veerboot en Archie merk op "its only the paint that keeps it together". Gelukkige het Elize dit nie gehoor nie, anders sou sy haar vreeslik bekommerd het. Ons waai totdat ons mekaar nie meer kon sien nie. Archie sê: "Komaan, dis nou genoeg!"
Pak |
Gereed om te klim |
Daar gaan hulle |
Koebaai julle |
Weg is hulle |
Elize en Fanie se seilvakansie is verby. Hulle het van Monemvasia tot by Poros saam met ons geseil. Baie gesien, baie geloop, baie geklim.
Maja voel leeg en eensaam. Ons wag vir die wasgoed van Souzi's wassery. Kwansuis 'n twee-uur diens, maar ons wag vyf ure. Toe die wasgoed kom, vaar ons alleen leen leen na Tselevinia, 6.7 myl. Môre is dit 'n lang kruising met baie wind. Ons gaan slaap vroeg.
Tselevinia Baai |
Saturday, June 23, 2018
Poros Dag 2.
22 Junie 2018. Vrydag.
Ons begin sommer vroeg stap. Hierdie plek word baie warm. Archie neem die voortou en hy sien die stapteken en toe weet ons dis die regte pad. Hier in Poros kan mens lekker verdwaal.
![]() |
Roete tot op datum |
Ons begin sommer vroeg stap. Hierdie plek word baie warm. Archie neem die voortou en hy sien die stapteken en toe weet ons dis die regte pad. Hier in Poros kan mens lekker verdwaal.
Reg vir stap |
Die
uitsigte oor die pragtige dorp raak met elke trappie mooier. Veral
Elize stop gereeld om dan af te kyk en die lus vir die oog te waardeer.
Mens wil die uitsig inadem en in jou geheue inbrand om altyd te onthou.
Seiljagte
lê stil en vreedsaam op anker in die kanaal. Die ander jagte is saam
met Maja teen die kaai vas. Die huise se oranje-rooi dakke is helder in
kontras met die wit van die huise. Alles spel 'n rustigheid. Dis heerlik
om hier te stap.
Pragtige Poros |
Poros Kanaal |
Archie en ek |
Ons is al amper op die kruin van die berg en stap heerlik na die kerk. Ek en
Elize staan in die boog soos dit susters betaam en Archie vang die
oomblik vas en verewig dit vir altyd. Twee susters in bekende vreemde
land waar die son ook so heerlik skyn soos in ons sonnige Suid-Afrika.
By
die kerk sit ons op die muur en kyk na die roete waarmee ons gekom het.
So vleg-vleg tussen die klein eilandjies. Ai, wat 'n voorreg om hier te
wees. Ons moet onthou om altyd dankbaar te wees.
Die boog |
Klein eilandjies |
Weer
dapper en stapper na die westekant toe. Hier is 'n ou fort of iets en
dan loop ons verder na 'n kleiner kerkie. Hier sien mens Poros heel
anders. Nader en groter. Elize en Fanie lyk pragtig met Poros in die
agtergrond.
Elize en Fanie |
Die
straatjies in die dorp betower vir Elize. Archie wil na die wagtoring
stap en hy klouter op die rots en waai vir sy "ou vrou". Fanie wag
geduldig (hoop ek) vir ons. Hy is mos 'n vinnige man wat alles vinnig
doen.
Straatkinders |
Archie |
Ons
word getrakteer met 'n heerlike frozen yogurt roomys en eet dit, met
die goedkeuring van die Griekse priester met sy swart gewaad, baard en
poniestert, op die kerk se wit muur. Heerlik. Toe is dit net af af af
en terug na Maja.
Eet roomys … |
… op kerkmuur |
Maja se
bemanning stort en was hare. Jy ruik net seep en sjampoe. Ons maak
gereed vir die groot uiteet. Fanie neem ons vanaand uit vit ete. Die
tradisionele dankie-sê ete. Ons lyk toe te pragtig toe die vierstuks na
Platanos stap.
Die mense
is vriendelik en ons word goed bedien. Fanie besyel vir hom seekos vir
twee (die vraat) en die res van ons is lus vir oond lam. Ons het
behoorlik gesmul. "Dankie julle vir 'n heerlike ete!"
Uitgevat |
Spoggerig |
Aan tafel … |
… by Platanos |
Laaina se krale |
Dankie julle |
Ons laaste aand van langbeen sit op Maja kom tot 'n einde.
Subscribe to:
Posts (Atom)