Hierdie was Elize se vierde seilvakansie saam met ons op Maja. Sy het ons verbaas met haar uithouvermoë om al die steil paadjies en straatjies uit te klim. Sy is 'n sien-vraat. Kry doodeenvoudig nie genoeg van die dorpe nie. Sy wil álles sien en ervaar.
Elize
het altyd gehelp waar sy kan. Altyd op haar pos met die koue drankies
en sy kán goed skottelgoed was. Dankie vir al die hulp. Dit word baie
waardeer.
Elize skryf:
"Dis altyd so moeilik om tussen al die pragtige plekke te kies, maar Monemvasia was vir my dié mooiste en lekkerste. Monemvasia, met sy dorpie op die berg. Die mooi strate tussen die ewe mooi huise en al die pad boontoe. Na die mooiste ruïnes van huise van lank gelede. En op dieselfde dag, die rustige anker in Ieraka baai, waar ek net tot ruste kon kom en die stilte van die baai kon indrink.
"Dis altyd so moeilik om tussen al die pragtige plekke te kies, maar Monemvasia was vir my dié mooiste en lekkerste. Monemvasia, met sy dorpie op die berg. Die mooi strate tussen die ewe mooi huise en al die pad boontoe. Na die mooiste ruïnes van huise van lank gelede. En op dieselfde dag, die rustige anker in Ieraka baai, waar ek net tot ruste kon kom en die stilte van die baai kon indrink.
Monemvasia |
Die kasteel met sy 999 trappe by Nafplio was ook ' n hoogtepunt. Dit was die beste kasteel wat ek nóg gesien het.
Navplio Kasteel |
Dan was daar ook nog Ermioni, waar die hope bote op die kaai afpeil en die chaos om vir almal 'n plek te kry. Dit was baie opwindend.
My
beste ervaring was die heerlikste swem op anker by Zoyioryia Baai, op
Spetsai. Die water was so helder, ek kon meters diep in die water sien,
met die mooiste turkoois-blou kleur. Ek kon nie ophou swem en my verkyk
nie.
Heerlikste swem |
Elke berg wat ek uitgebeur het, of dit nou tot by 'n kasteel of 'n kerk was, of tussen huise deur tot bo, met die steilste trappe wat voor jou uittoring, was vir my 'n lekker uitdaging met 'n gevoel van oorwinning as beloning. Sowat van steil opdraandes en berge, het ek lanklaas beleef.
Trappe op |
Berg op by Monemvasia |
Dankie Marietjie en Archie vir julle gasvryheid en met julle kundigheid met die hantering van die boot. Nadat ek gesien het hoe onhandig sommige seilers met hulle bote omgaan, is ek bly ek kan saam met julle seil. (Dankie vir die kompliment)
Dankie ook vir die heerlike etes wat ons altyd geniet het. Dankie vir die kapteinskoffie met die koekie van elke oggend.
Ons sal die vakansie, die seil en elke wonderlike en mooi dorp of baai altyd onthou.
Lekker verder seil."
Fanie het miere. Hy moet altyd aan die beweeg bly (behalwe as ons vaar en hy sit voor op die snoet). Hy was elke dag sommer vroeg uit die vere en dan gaan draf hy of verken die dorp. Kom dan terug met twéé brode en verorber een dan saam met sy koffie.
Dis
vir hom heerlik om op die dek te slaap, waar 'n briesie hom kan afkoel.
Hy het gereeld saam met Elize die skottelgoed gewas en was altyd bereid
om met alles te help. Hy is net effe sku vir die klein wit monster in
die "head".
Die plek wat
hom die meeste beïndruk het, was Idhra. Die besige hawe, die opstap
kerk toe, die hele dorp sonder motors. Ook Mandraki waar ons geanker het
met 'n "line ashore". Ook die heerlke 4 km stap van Mandraki tot by
Idhra se dorp.
Idhra |
Elize en Idhra se perde |
Fanie het baie werkstres. Hy sê dit was vir hom heerlik om op Maja se snoet te sit en totaal af te skakel. En dan net die ritmiese prrr van Maja te hoor en die sagte kabbeling van die verbygaande water. Hy kon heerlik ontspan.
Ontspan op Maja se snoet |
Dankie Elize en Fanie vir julle kuier. Dit was vir ons heerlik om julle aan boord te hê op ons kleine Maja (ma het altyd so gesê). Baie dankie vir die geskenk-geld. Ons sal dit nuttig gebruik. Julle kan gerus weer kom.
No comments:
Post a Comment