11 Augustus 2017. Vrydag.
 |
Metokhi Baai tot Monemvisia |
Die kaptein is vroeg met sy koffie en ons vertrek
na Monemvasia, 39.5 myl. Dis aan die suidepunt van die Peloponossis. Ons
motorseil die hele pad. Ek sien ook vir die eerste keer hierdie jaar
vliegvissies.
Na ’n lang pad, is ons daar. Ons probeer eers op
die snaakse rotsbodem anker, maar byt is verniet en toe gaan ons hawe toe. ’n Waterskilpad
kontroleer die hawe en ’n vreemde vrou snorkel daar rond om te sien wie se
ankers byt. Archie tru, ek gooi anker en na ’n mis vang van die tou en ’n weer gooi,
is ons vas en die vreemde vrou bevestig dat ons anker wel gebyt het.
 |
Mooi baai |
 |
Monemvasia se onderdorp van die see gesien |
 |
Hawe met Monemvasia in agtergrond |
 |
Vissersbootjie |
 |
Op pad na Monemvasia. Yefira (nuwe dorp) in agtergrond |
Monemvasia beteken "enkel ingang". Die rots, waarop Monemvasis gebou is, was oorspronklik aan die land met 'n nou strook verbind. In 375 n.C. het ’n aardbewing die meeste van die kusdorpe
in die omgewing onder die see laat sink en Monemvasia word toe 'n eiland.
In die 6de eeu is hier ’n Bizantynse dorp bo-op
die klein eiland gebou met mure rondom.
400 jaar later is die onderdorp gebou. Die stad was baie belangrik vir
die handel wat hier gedryf is. Toe begin die sports. Die arme plek word verower
deur die Franke, Turke, Venesiërs en die Grieke. Mans moet mos altyd goed en
plekke verower.
Bo-op die rots, is daar min oor van die ou stad.
Daar is nog mure te sien en Aghia Sofia, die Bizantynse kerk.
 |
Ou stadsmuur |
 |
Aghia Sofia en bo-dorp se mure |
 |
Op pad na bo-dorp |
 |
Steil kronkelpaadjie |
Die onderste dorp is nog pragtig. Hulle bewaar en
herstel dit. Baie van die huise kom uit die Bizantynse tydperk, met aanbouings
uit die 16- en 17 de eeu. Wel, maak nie saak wat alles in die verre verlede
hier gebeur het nie, die plek steel my hart. My suster, Elize, sou in die
sewende hemel gewees het as sy hier was.
 |
Onder-dorp |
 |
Onderdorp |
Die onderdorp het nou ’n klomp eetplekke en
snuffelwinkels. (Ek snuffel gou weer geskenkies vir my drie seuns uit). Hier is
ook hotelle en gastehuise vir diegene wat die ouwêreldse atmosfeer wil geniet.
Monemvisia is gewis en seker ’n besoek werd.