14 Augustus 2017. Maandag.
 |
Kiparissi tot Tyros |
Laai waai Meraai! En weg is ons na Tyros, 18 myl.
Kiparissie is pragtig in die vroeë môre. Die berge trots en hoog, met die
dorpie wat aan die voet van die berge lê. ’n Ware lus vir die oog.
 |
Koebaai Kiparissi |
Die kuslyn is pragtig en ons vaar verby Leonidhion.
Net so pragtige dorpie en ons vaar verder. Die noordewind waai mos in die
oggend, so hy waai van vooraf op ons snoet. Van seil is daar geen sprake nie.
 |
Leonidhion |
Die drie windmeulens is die baken van Tyros, as jy
hulle sien, is jy amper daar. Ons vaar by die hawe in en gelukkig waai Gus nie
sterk nie. Die probleem in die hawe is dat as die wind waai, waai hy van die
kant af en gooi jou van koers af en maak dit baie moeilik om vas te meer. Met
die hulp van die buurman is ons maklik vas en hier is ons.
 |
Windmeulens |
 |
Tyros |
Die boek sê dat die hawe ’n sterk oostewind smiddags
kry en jou anker moet goed in wees. Soms waai ’n noord-oostewind in die nag en dan
moet jou anker éérs
goed in wees. Die anker word in die hawe afdraend gegooi, want waar jy anker
gooi, is dit vlakker as teen die kaai. So ’n stuk ankerketting hang in die lug.
Gelukkig is die houkrag goed.
 |
Veilig vas |
Gelukkig gaan lê Gus gewoonlik saans en dan sal ek rus vir my
siel kry. Tyros is sommer net ’n gewone dorp. Met ’n kerk en ’n strand,
tavernas en huise. Ons drentel in die dorp rond en oral is die hoë berge te
sien. Die omgewing is pragtig.
 |
Archie |
 |
Hawe. Maja heel links |
 |
Kerkplein |
Ons geniet ons aandjie hier in Tyros.
No comments:
Post a Comment