18 Julie 2019. Donderdag.
 |
Ierissos tot Ammouliani |
Vandag gaan 'n besondere lang dag wees. Ons gaan by Ammouliani, 64.4 myl, oornag,
nadat ons om die Akti Skiereiland vaar om die 17 kloosters te sien. Ons
begin 05:00 te vaar.
 |
Sonsopkom |
Hierdie
skiereiland bestaan al vir tien eeue as 'n wêreld van sy eie. Hulle het
hul onttrek van die moderne wêreld en die middeleeue kloosters staan
oral op indrukwekkende plekke. Vrouens mag glad nie naby of op die
skiereiland kom nie. Seiljagte mag ook nie nader as 500m aan die kuslyn seil nie.
Die boek sê: "The monasteries are divided into ceonobites and idiorrhythmic communities. Ceonobites are communal and the members are clothed alike and live from a common pool of resources. In the idiorrhythmic monasteries the members live apart and provide the clothes and food from their own resources. There are also hermits (Anchorites) who live by themselves in what often seems to be inaccessible cells (particularly on the southern slopes of Mt Athos), the hermitage of two or tree hermits (Sarabaites) and vagabond monks (Gyrovakes)."
Die reuse Berg
Athos troon 2033m bo seevlak uit en is heeltyd te sien. Meestal met sy
wolkhoed op. Aan die punt van die skiereiland, met sy twee kape, Akrathos en Pinnes, kan die
see rof raak. Gus kan vanuit vyf verskillende rigtings waai, wat die
water soos 'n dubbelbalie wasmasjien laat draai en kolk en jou laat voel of jy én jou seiljag in die wasmasjien is. Vandag is ons gelukkige
dag. Ons het amper geen wind, en as Gus waai, waai hy van agter. Selfs
die sterk seestrome, wat elke agt ure omdraai, is in ons guns. Dit dryf
ons aan.
 |
Berg Athos - Ooste kant |
 |
Berg Athos - Westekant |
Hier is die kloosters wat ons gesien het. Twee het ons nie gesien nie en een se foto is baie sleg.
 |
Esthigmenou - Eerste vermelding 1034 n.C. |
 |
Vatopedi - Gestig in 10de eeu |
 |
Pantokrator - Gebou in 14de eeu met groot kerk agter |
 |
Stavronikita - Gestig in 1542 |
 |
Iviron - Gestig in 979 n.C. |
 |
Karakallou - Gestig in 15de eeu |
 |
Grand Lavra - Grootste klooster geleë onder berg Athos |
 |
Ayiou Pavlou - Gestig in 11de eeu |
 |
Dionysiou - Gestig in 1375 |
 |
Gregoriou - Gestig in 1395 |
 |
Simonopetra - Gestig in 1257 deur St Simon |
 |
Moni Ayiou Panteleimonas - Gestig in 1169 (Russiese Klooster) |
 |
Xinofondos - Gestig in 10de eeu deur die monnik Xenofon |
 |
Dhoheiariou - Gestig in 10de eeu (Mooiste kerk) |
Dit was 'n lang, baie spesiale dag. 'n Dag waar ons vanuit die see die
wêreld van die monikke aanskou het. Net 'n kykie daarvan. Ons is doodmoeg
en is op pad na ons ankerplek.
Om
die besonderse dag van 11 ure af te sluit, het ons nog 'n besonderse ervaring. 'n
Paar dolfyne kom speel met Maja. Hulle swem saam met haar, onderdeur en
langs haar. Hulle gesels land en sand. Hulle lag oopbek en draai op hul
sye, blaas water uit, swem bo-op mekaar. Dis 'n wonderwerk dat Maja hulle nie tref nie.
Dan swem hulle weg, duik in die dieptes af, net om weer terug te draai
en weer te kom speel. Hulle hou net aan en aan en aan. Wat 'n belewenis! En
skielik is hulle weg.
 |
Maja se maat |
 |
Baldadig |
Toe
kan ons op ankerplekke konsentreer. Die eerste plek anker jy in 2.5 m
diep water. Dis te vlak vir my. Die tweede plek is bodem bestaan uit
rotse en seegras. Daar kan ons nie ankergooi nie. Die derde plek,
Ammouliani, is daar net een sandkol en kolskoot. Ons tref raak en die
anker byt. Archie snorkel om te sien of dit gebyt het. Pragtig gebyt,
maar daar is 'n groot afdraande net anderkant die anker. Wind moet net nie wes draai
nie, want die bodem het 'n steil helling van oos na wes. Ons kyk vir Poseidon en Windy, en hulle voorspel baie ligte
noord-en suidooste winde. Ons is veilig.
 |
Ankerplek naby Ammouliani (te vlak) |