![]() |
Porto Koufo tot Ag. Kyriakh Baai. |
Snaakse plek, hierdie noordelike Griekeland. Nie baie veilge baaie en ankers nie. Die wind waai nie erg nie, maar daar kom altyd deinings in die baaie gerol. Ons groet Porto Koufo en vaar verder.
Porto Koufo |
Ons kyk eers na Vathy, maar oop suid en die deinings kom van die suide. Vaar verder. Gooi anker by Spalathronitsia. Snaakse bodem met rotse, seegras en sand. Eerste tref ek die sankkol, die anker byt pragtig, maar daar is rotse naby. Ek trek maar weer op. Kaptein is bang ketting koek aan die rotse vas. Gooi weer. Pragtige sandkol en anker byt.
Die
suide-deinings begin inrol en ons trek maar weer anker op. Ons het gesien dat bote by
'n baai naby ons invaar en nie uitkom nie. Die baai word nie in een van
ons twee boeke genoem nie. Navionics het 'n opmerking by die baai,
"hidden treasure". Wel, ons trek anker op en vaar soontoe, net 2 myl
verder. En jou waarlik! Daar is 'n pragtige baai, 13.1 myl van Porto
Koufo. Ons kry 'n plek en gooi anker in die mooi baai.
No comments:
Post a Comment