Friday, June 28, 2019

Chios Eiland. Chios Marina.

26 Junie 2019. Wednesday.

Chios tot Chios Marina

 


Hier in die hawe kan ons nie bly nie. Die onrustige hawe maak my mal. Dit voel of ons heeltyd vaar, so beweeg ons. Hierdie is woelige water. Die golwe rol in, klots teen die kaai en bons terug.

 
Woelige water
 
Ons maak gereed om te vertrek na Lagada. Anker op en daar wag 'n verrassing op die anker. Dis 'n groot rooi lap of iets. Archie haal dit af en ons is gereed. Maar daai Gus waai. 
 
Anker verrassing
 
Ons sit gewapen met ons lewensbaadjies. Gus waai so 25 knope. Ons vorder stadig. Later begin dit erger waai. Tot 35 knope. Vorentoe, maar eintlik agtertoe. Maja beur teen die golwe met Gus wat dit vir haar nog moeiliker maak. Later kan sy nie meer nie. Na drie myl, kan Maja regtig nie meer nie en ons ook nie.
 
Lewensbaadjies
 
Chios het 'n onklaar marina wat eintlik naby die hawe is en ek stel voor dat ons omdraai en soontoe gaan. Dis ten minste veilig en beskut daar. Die see is rof en die wind is kwaai. Die kaptein gee die bevel dat ons omdraai. Ons hou vas, want die golwe gooi ons. Die een kant van Maja raak amper aan die see met die omdraaislag, so gooi daai golwe ons. Toe "burn" ons eers. Met die reuse golwe wat van agter kom en Gus wat ons aanblaas, bereik ons vir 'n kort wyle 'n topspoed van 8.3 knope. En dis sonder seile. Archie stel die spoed stadiger, maar ons beweeg nog steeds baie vinnig. "Scary movie".

Die ingang van die half-voltooide marina is aan die een kant baie vlak. En Gus stoot ons eintlik in daai rigting. Die kaptein vat daai helm vas, die twee musketiers bid en ek kyk grootoog uit vir die vlak plekke. Die kaptein kom meesterlik deur die ingang en ons is in stil water.

Nou moet ons 'n plek soek om "alongside" vas te meer. Maar daai Gus waai ons hot en haar. Daar is een plek langs die kaai oor. Ons sukkel om by die kaai uit te kom. Archie probeer weer. Die manne staan gereed op die kaai om ons toue te vang. Almal het die wêrelse simpatie met die Suid-Afrikaners wat onder sukke omstandighede in die marina inkom. Hulle staan almal gereed soos engele uit die hemel wat my ma gestuur het.

Archie kry ons langs die kaai. Ek gooi die middelste tou. Die man vang en maak vas. Elize gooi die volgende snoettou. Die man vang mis. Die tou val in die water. Ons gooi weer. Hy vang raak en die voorkant van Maja is vas. 

Archie gooi die agtertou. Gus waai Maja se agterkant weg van die kaai. Die Fransman op die kaai trek met mening. Die tou beland tussen Dinkie se enjin en die boot en ruk die enjin los. Dinkie duik met 'n minder sierlike boog as Archie in die see. En sink!  O my genade. Maar ons is darem vas en veilig.
 
Archie's angels
 
Nou moet Archie die enjin uit die see kry. Hy duik af. Dis gelukkig net 3.5m diep. Die enjin is te swaar. Toe bind hy 'n tou aan die enjin vas en trek dit op. Martie staan gereed om die enjin aan te vat. En die enjin is uit en papnat. Almal op die kaai is ook verheug dat Archie die enjin uitgekry het.
 
Red enjin
 
Die Fransman neem Archie en sy enjin na 'n werkswinkel toe, want hy moet dadelik gediens word om hom te red.

Ons is almal moeg en uitgeput na 'n moeilike dag. Ek en die musketiers luister na Jo Black se liedjie, "Skepe" en ons huil almal snot en trane. Van dankbaarheid en aandoening en sommer omdat ons vroumense is. 
 
So skuil almal hier in die marina. Almal wag vir die blêrrie Gus om te gaan lê, wat eers Dinsdag of Woensdag gaan gebeur.
 
Elize koel af
Skuilers
Windmeulens





Thursday, June 27, 2019

Chios Eiland. Chios.


25 Junie 2019. Dinsdag.

Asprokhorti tot Chios
 
Vandag is die lang kruising van 54.1 myl na Chios. Dis 'n baie lang pad. Ons vat die kalm water aan en "burn", soos my oudste seun, Francois, sal sê.

Ons staan douvoordag op. Dis ook al wanneer ons die son sien opkom. Die groot geel ronde bal kruip agter die dowwe berg uit en hang aan die pienk lig. Dit gaan goed met die kruising. Die see is plat en Gus is stil. Elize en Martie doen 'n Titanic voor op Maja se snoet. En so vaar ons vorentoe, altyd vorentoe. 
 
Son kom op

Rose
Rosa

Elize
 
Die eerste deel van die kruising (40 myl), neem ons sewe ure. Toe kom die moeilikheid. Gus begin baie sterk van voor af waai. Tussen 19 tot 25 knope. Geen weervoorspelling het dit voorspel nie! Maja beur vorentoe. Seesproei tref ons elke nou en dan. Dit neem ons vier ure om 15 myl te vaar. Dit was glad nie lekker nie.

Ons kom na 'n ewigheid by Chios se hawe aan. Die water in die hawe roer en lyk maar besig. Klots laat dit bars. Archie tru en ek gooi die anker. Wind waai ons skeef en Archie tru weer. Niemand is op die kaai om ons te help nie. Archie klim met die tou af en ek staan agter die helm. Met moeite is ons vas.
 
Maja teen die kaai
 
Ag, maar dis nie lekker hier nie. Daar is nooit rus op Maja nie. Dit woeker en wals en waai in die baai. Die golwe klots teen die kaai. Dit raas en Gus blaas. 

Elize en Martie gaan dorp toe. Ek en Archie gaan hawepolisie toe. Daarna gaan verken ons die dorp. Die kasteel is groot en darem een ding wat hier te sien is. 
 
Dorp toe
Kasteel
Kasteel
Uitgang
 
Ag, dis vir my glad nie lekker hier nie. İn die nag begin Gus eers erg te waai en ek èn twee ander manne op ander jagte is gedurig op in die nanag om sake op ons jagte dop te hou. Die kaptein en die gaste slaap natuurlik soos flippen babas. So gaan die nag langsaam verby.

Wednesday, June 26, 2019

Samos Eiland. Asprokhorti Baai.

24 Junie 2019. Maandag.

Pithagorion tot Asprokhorti Baai

Samos. Sorgvrye Samos. Nou is ons op pad na Asprokhorti, 17.9 myl. Die kaptein het besluit ons anker vanaand, want die bemanning is moeg. Uitgebrand. Moeg gekoop.

Pithagorion

Die baai is net voor Vathy, die hoofdorp van Samos Eiland. Ons vaar uit Pitagorion en is in die Samos Seestraat. Hier is Turkye en Griekeland baie naby mekaar, minder as 'n myl.

Elize en Martie staan voor op Maja se snoet en Martie kan as't ware aan Griekeland raak en Elize aan Turkye. 

Ons sien 'n skool dolfyne. Elize en Martie is so opgewonde soos kinders. En ek en die kaptein natuurlik ook. Dis altyd lekker om dolfyne te sien.

Hulle speel nou behoorlik met Maja. Onderdeur na links, dan weer na regs. Dan spring hulle uit die water. Sierlik, soos net dolfyne kan. Ek en Elize staan voor op Maja se snoet en hoor hie gesels hulle met mekaar. Hulle speel lank met Maja en ons het heerlike kykgenot. 'n Skouspel soos min. Hierdie Samos Seestraat is omtrent 'n spesiale plek.

Dolfyn
Dolfyne
Griekeland en Turkye

Toe vaar ons verder op die plat see. Vandag is die eerste keer in'n lang tyd dat dit windstil is. Heerlik. Maja prrr ritmies vorentoe, altyd vorentoe. Nes ek daarvan hou.

Martie en Elize

Ons kom by die baai en gooi drie keer anker voordat hy byt. Snaakse bodem hierdie. Houkrag is nie so goed nie, maar ons derde anker is goed in. Nou kan ons heerlik rus.

Die water is kristalhelder en lok ons in. Ons swem heerlik. Ek swem en probeer die anker sien sonder 'n bril en die twee musketiers geniet net die water wat hier en daar 'n loomwarm kol het. 

Ek en Archie en Martie stap later op die land rond, terwyl Elize die boot oppas. Dink sy is te lui om saam te stap. Die uitsigte is nie so mooi nie en met die terugroei neem ons vir Khaler, wat 'n Jordaniese pa en 'n Noorweegse ma het, op 'n kort toer in Dinkie. Hy geniet dit, maar toe ons hom aflaai, hou hy sy ma se been vas en waai vreeslik toe ons weg roei, terug na Maja.

Asprokhorti Baai
Asprokhorti Baai
Asprokhorti Baai
Khaler
Sonbesie

Ag wat, so swem ons en geniet die rustige dag in die baai, wat ons saam met enkele eensame vissersbote deel èn 'n plek aan die ander kant wat luide musiek aan die baai verskaf.

Sonsondergang

Môre is dit ons lang kruising van 55 myl na Chios.

Samos Eiland. Pithagorion.

24 Junie 2019. Sondag.

Port Augusta tot Pithagorion
Elize sê so ewe sy wil die oggendstond geniet voor ons vertrek. Maar hierdie oggendstond het wind in die mond. Toe sit sy maar binne.

Ons vertrek na Pithagorion op Samos Eiland, 24.2 myl. Ons verwag wind en geen dolfyne. So kry elkeen maar 'n beurt agter die helm. En ons vaar vorentoe, altyd vorentoe.
Oggendskoot - Rimpel dimpel
Elize se beurt
Elize en Martie hou van dorpskaaie, daar gaan ons, reguit dorpskaai toe. Wat 'n verrassing toe daar "laid lines" is en nog groter die verrassing toe 'n Suid-Afrikaner op die kaai vir ons die tou aangee. En nog groter verrassing toe dit Henry en Sally, wat ons drie jaar gelede was in Symi ontmoet het, se familie is! Sy naam is Chris en Archie nooi hom vir 'n bier.
Ek neem 'n foto van die twee musketiers op Maja se pikante stertjie en die son kleur hul gesigte in. 
Pithagorion
Archie en Chris
Dorpskaai
Vissersboot
Ons meisies gaan doen inkopies en drentel in die strate rond, so stadig dat dit voel of ons staan. En staan maak my knieë seer. Dan drentel ons verder en kom op die oulikste goed af wat ons wil koop. Dan koop ons maar. En Elize hou nie terug nie. Sy koop groot. Haar leuse is: "Go big or go home." En Martie is net 'n kortkop agter haar.

Klaar inkopies gedoen, toe is dit tyd vir besienswaardighede. Ons stap na die kerk en die kasteel toe. Die hele dorp van Pithagorion is eintlik gebou op die ruïnes van antieke Samos. Hiervan is die kerk en kasteel bewys. Die mure van vergange se dae is nog te sien.
Kasteelingang
Kasteel en Basilika
Preekstoel in Basilika
Uitsig van Kasteel
By die argeologiese terrein is ook nog ruïnes van die verre verlede. Die enigste wat ons terugbring na die hier en nou is ons self wat dit bewonder. Toe stap ons deur die straatjies terug na Maja.
Straatjie
Archie stap saam met ons na die monument van Pithagoras. Hulle albei is mos Wiskundige reuse. Ek, as dom blond, poseer saam met die slimmes. 
Pithagoras se tetraktys
Pithagoras standbeeld
Twee slimkoppe
Ons geniet die ryk aanlug en maak klaar om 'n gyro te gaan eet. Heerlik. En daarna bederf ons onsself met "frozen yogurt". Heerlik. Elize en Martie loop nog rond of iets en ek en my kaptein sit landbeen op Maja en geniet die absolute heerlike atmosfeer op Pithagorion se dorpskaai. Prysloos.
Ek en Archie
Aandstond
Archie besluit om te stort. Reg voor Maja is dit net restaurante. Die skare hou hom onbeskaamd dop. En ou Archie was oral. Hy het darem sy swembroek aan. Maar hy skrop nou behoorlik óral. 

Wel, ek moet sê, ons het ons verblyf op Samos terdeë geniet.

Monday, June 24, 2019

Arki Eiland. Port Augusta.

22 Junie 2019. Saterdag.
 
Lipso tot Port Augusta
 
Vandag gaan ons na Archie se eiland toe. Dis nou Arki, 9.3 myl. Natuurlik wind-op. Ons vat almal ons helmsbeurte en daar gaan ons.
 
Martie agter die helm
 
Sommer gou is ons daar. Nou is die vraag - gaan daar plek wees. Hierdie is maar 'n klein kaai met min plek. Ons hou maar duim vas. Ons vaar in die nou ingang. Kyk met afwagting. Maar helaas! Die kaai is stampvol. 

Nou is die keuse wag of tweede beste, 'n boei by die baai langsaan. Die kaptein wil sommer hê ons moet in die noute 'n tydelike anker gooi, maar dit voel vir my te onveilig. Ons ploeter maar daar rond en hoop 'n boot vertrek.

En toe sien Elize lewe op een boot. İemand beweeg na hul boot se snoet. Dit beteken net een ding, hulle gaan anker optrek en dan het ons 'n plek. Hiep hiep hoera! Dit gebeur ook net so. Hulle vertrek en ons het 'n plek by die kaai. Almal is verheug en ons maak reg on vas te meer. Archie kry sy posisie en tru, ek gooi die anker. Elize en Martie staan gereed on af te stoot.

'n Man op die kaai help met die agtertoue en ons is vas en baie gelukkig. Ou Gus waai, maar ons is lekker beskut. Elize en Martie vat dadelik die pad en verken die dorp.
 
By die kaai
Modelbootjies in hulle eie hawe
 
Later stap ons vier na die boonste kerk. Dis warm. Dis baie warm. Die sweet tap ons af. Ek en Archie loop bult-op. 
 
Bult-op
 
Ag, die kerk is nie wat wonders nie, maar die uitsigte is vreeslik mooi. Die jagte in die baaie. Die blou water. Die eensame pad na bo in die barre landskap wat vêrlangs familie van die Karoo is. Ai, ek is lief vir Arki.
 
Lief vir Arki
Port Augusta
Port Stretto in agtergrond
 
Die meisies lyk model-mooi afgeëts teen die kerk muur en venster. Arkie hoort hier op Arki.
 
Elize
Martie
Archie en ek
Lang pad terug