24 Junie 2019. Maandag.
 |
Pithagorion tot Asprokhorti Baai |
Samos.
Sorgvrye Samos. Nou is ons op pad na Asprokhorti, 17.9 myl. Die kaptein
het besluit ons anker vanaand, want die bemanning is moeg. Uitgebrand.
Moeg gekoop.
 |
Pithagorion |
Die baai is net
voor Vathy, die hoofdorp van Samos Eiland. Ons vaar uit Pitagorion en is
in die Samos Seestraat. Hier is Turkye en Griekeland baie naby mekaar,
minder as 'n myl.
Elize en Martie staan voor op Maja se snoet en Martie kan as't ware aan Griekeland raak en Elize aan Turkye.
Ons
sien 'n skool dolfyne. Elize en Martie is so opgewonde soos kinders. En
ek en die kaptein natuurlik ook. Dis altyd lekker om dolfyne te sien.
Hulle
speel nou behoorlik met Maja. Onderdeur na links, dan weer na regs. Dan
spring hulle uit die water. Sierlik, soos net dolfyne kan. Ek en Elize
staan voor op Maja se snoet en hoor hie gesels hulle met mekaar. Hulle
speel lank met Maja en ons het heerlike kykgenot. 'n Skouspel soos min.
Hierdie Samos Seestraat is omtrent 'n spesiale plek.
 |
Dolfyn |
 |
Dolfyne |
 |
Griekeland en Turkye |
Toe
vaar ons verder op die plat see. Vandag is die eerste keer in'n lang
tyd dat dit windstil is. Heerlik. Maja prrr ritmies vorentoe, altyd
vorentoe. Nes ek daarvan hou.
 |
Martie en Elize |
Ons
kom by die baai en gooi drie keer anker voordat hy byt. Snaakse bodem
hierdie. Houkrag is nie so goed nie, maar ons derde anker is goed in.
Nou kan ons heerlik rus.
Die
water is kristalhelder en lok ons in. Ons swem heerlik. Ek swem en
probeer die anker sien sonder 'n bril en die twee musketiers geniet net
die water wat hier en daar 'n loomwarm kol het.
Ek
en Archie en Martie stap later op die land rond, terwyl Elize die boot
oppas. Dink sy is te lui om saam te stap. Die uitsigte is nie so mooi
nie en met die terugroei neem ons vir Khaler, wat 'n Jordaniese pa en 'n
Noorweegse ma het, op 'n kort toer in Dinkie. Hy geniet dit, maar toe
ons hom aflaai, hou hy sy ma se been vas en waai vreeslik toe ons weg
roei, terug na Maja.
 |
Asprokhorti Baai |
 |
Asprokhorti Baai |
 |
Asprokhorti Baai |
Môre is dit ons lang kruising van 55 myl na Chios.
No comments:
Post a Comment