6 Julie 2016. Woensdag.
![]() |
Roete tot op datum |
![]() |
Körmen Adası to Kusadası |
Wat ’n heerlike nagrus. So anders as die vorige nag. Die verskil tussen sommer net ’n baai en ’n idilliese baai, is Gus.
Deon
roei vroeg land toe met Dinkie en loop die wêreld plat. Hy het vreeslike lang
bene en groot voete. Hy loop baie vinnig. En baie vêr.
Die
oggend is pragtig en die modelle pragtiger. Die son skyn met strale van genot
en verf geluk op die gelaatstrekke van die mens. Laat ons lewe, liefhê.
Ek en Archie |
Rooikappie en Rooies |
Een na die ander begin die seiljagte die baai verlaat. Elkeen in sy eie rigting. Na wie weet waar. Êrens heen, op pad na nog avonture en ervarings. Ons is op pad na die einde. Die die laaste vaart voordat Deon en Ryna ons en Maja verlaat.
Tot siens, Körmen Adası |
Landbeen sit |
Gus waai nie en ons vaar na ons bestemming, Kusadası, 37°52.263 N, 27°15.767 O, 21.8 myl. Dis ’n rustige vaart, mens kan amper nie dink dat net aan die ander kant daar stormsterkte winde waai nie. Die vergeet kom gou en die onthou raak vaag. Tot ’n volgende keer. Dan laat Gus my weer onthou.
Kusadası
met sy kasteel kom nader en voor ons weet, is ons daar. Ek roep op kanaal 73 en
ons wag vir die manne. Hulle wys ons die plek, elkeen doen sy ding en ons is
vas. Nou is dit klaar, die gevaardery. Deon en Ryna is nou as’t ware by die huis. Van
hier gaan hulle die res van Turkye ontdek.
Kusadası se kasteel |
Ons klink ’n glasie op die genotvolle en suksesvolle paar dae wat hulle ons dae vervrolik het met hulle sprankelende teenwoordigheid.
Klink 'n glasie |