5
Julie 2016. Dınsdag.
 |
Sarpdere tot Körmen Adası |
Waarheen
nou!? In hierdie geweste voorspel hulle Fors 7 winde. Deon voel seker lekker
uitgerus na die heerlike nagrus. Ons moet hier wegkom. Ons het twee opsies.
Teos Marina, 20 myl, maar ’n stuk is wind-op, dit is noord-oos. Die wind waai
ook daar, maar dit is ten miste in ’n marina. Die ander opsie is Körmen Adası
20 myl, ’n ankerplek, maar die winde is nie so kwaai daar nie.
 |
Deon was vensters |
Archie
besluit ons sal eers kyk hoe gedra Gus hom op pad na Teos Marina. As hy te erg waai,
sal ons roete verander en na Körmen Adası gaan.
En
daar trek ons en ou Gus waai. Die see voor op pad na Teos Marina lê blink
gewaai voor ons. Ek kyk daai see net so en weet hier kom moeilikheid. Die
optimistiese kaptein pak die water aan. Gus waai verwoed. Maja se spoed verlaag
drasties met die sterk wind van voor. Die kaptein besef dat ons dit nie kan
doen nie. 31 knope van voor is nie jou maat nie, dit kan Elize en Annette vir
jou vertel!
 |
Fyn uitgevat |
Ons
verander rigting na Körmen Adası, 38°01.913 N, 26°52.0945 O, 21.8 myl wat suid-oos lê. Gus waai nou reg en die seile word gespan en ons seil lekker vinnig.
Ons kan weer asemhaal en almal slaak ’n sug van verligting. Maja seil vir twee
ure. Ek en die kaptein konfedereer altyd
oor seilspan en reef en so aan. Deon bekyk die sake net so en neem onwettig
foto’s van die onderonsies.
 |
Onderonsie |
 |
Deon met sy slinger in die hand |
 |
Leerling bestuurder |
Körmen Adası kom vinnig nader en ons waardeer die kalmte van die baai. Anker word gegooi en
ons is skielik in die paradys. Hier is dit kalm, maar as jy net aan die ander
kant van die rotse kyk, pomp daai see. Die deinings hardloop resies en die
perde ry soos by die Durban July.
 |
Die kant kalm, daardie kant rof |
 |
Körmen Adası se klippe |
Ons
geniet die water en gaan na die warmbron. Ai, maar die warm water is heerlik.
Wat ’n lekker dag.
 |
Ryna spring |
 |
Deon se beurt |
 |
Vlieëndervis(ser) |
Soos
gewoonlik vertel ek en Ryna ’n paar grappies tydens die sundowners op die dek.
Daar heers ’n atmosfeer van lag en genot met ’n tikkie “magic”. Nee, nie ’n tikkie
nie, dit is “magic”.
 |
Magic |
Terwyl
die arme gaste die skottelgoed was, raak ek en Archie tot ons skande op die dek
aan die slaap en skrik eers wakker toe Deon en Ryna al in die vere is!
No comments:
Post a Comment